VERSEKERD

Gary Wilkerson

Een ding weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie” (Romeine 8:38).

Paulus gee hier vir ons nuttige woorde om aan vas te hou: een ding weet ek vas en seker. Dit is die sleutel om vrygemaak te word van alle twyfel oor God se guns teenoor ons.

Selfs wanneer ons voortslepende vertwyfelinge het, vloei God se genade vrylik om ons te genees. Dit het gebeur vir die dissipel Thomas, wat sy vriende in twyfel getrek het toe hulle gesê het Jesus lewe. Thomas verteenwoordig baie Christene vandag. Hulle het eens in Christus geglo en gejuig toe hulle sien hoe God lewens verander. Maar toe het ‘n voortslepende beproewing opgeduik wat vir jare voortgeduur het.

Hierdie Christene gaan steeds kerk toe en hoor preke oor God se goedheid. Maar iets binne-in hulle het gesterf en hulle kan dit nie weer opwek nie. Die dralende teleurstelling van hulle lang, somber terugslag het hulle te neerslagtig gemaak.

Is dit jy? Jesus wil na jou toe kom net soos Hy na Thomas gekom het. Hy wil vir jou sy littekens wys van die ergste moontlike beproewing. Hy wil hê die krag van sy opstanding moet jou opwek tot ‘n lewe op ‘n wyse wat jy nooit vir jouself sou kon doen nie. Hy kom sodat jy vas en seker kan wees van sy ewige Woord – om deur sy opstanding te wys dat niks jou sal laat ontspoor van sy koninkryksdoel nie: “Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie” (8:39).

As gevolg van Jesus se liefdevolle genade, het Thomas weer geglo en een van die mees impakvolle dissipels van almal geword. Jesus het niks van Thomas weerhou toe sy vriend weer moes glo nie. Jesus noem ook jóú sy vriend, en Hy weerhou niks van jou om jou in sy liefde te bewaar nie. Hy bring opstandingslewe na jou toe te midde van jou beproewing en, soos Thomas, sal jy sy heerlikheid weer sien en verstom staan.