VERSEKER VAN DIE HERE SE LIEFDE

David Wilkerson (1931-2011)

Baie Christene praat oor intimiteit met die Here, om met Hom te wandel, Hom te ken en gemeenskap met Hom te hê. Maar ons kan nie ware gemeenskap met God hê nie, tensy ons die volle openbaring van sy liefde, genade en barmhartigheid in ons harte ontvang.

Gemeenskap met God bestaan uit twee dinge:  Die liefde van die Vader ontvang, en Hom terug lief te hê. Om verseker te wees van sy liefde, is die eerste stap. Jy kan ure per dag in gebed deurbring en vir die Here vertel hoe lief jy Hom het, maar as jy nie sy liefde ontvang het nie, het jy nog nie gemeenskap met Hom gehad nie.

Die Psalmis moedig ons aan: “Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang” (Psalm 100:4). Hy gaan verder om vir ons te wys na watter soort God ons moet kom: “Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag” (Psalm 100:5).

Te veel het die indruk van God as ‘n veeleisende figuur met ‘n kwaai voorkoms, wat net vir ons wag om te misluk, sodat Hy kan sê, “Ek het jou uitgevang!”  Maar ons hemelse Vader het Homself geopenbaar as vriendelik en goedhartig, vol genade en barmhartigheid en gretig om my te verlos van al my sorge en laste.

Die profeet Sefánja skryf oor God se ontsaglike liefde vir ons: “Die HERE jou God is by jou, ‘n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel” (Sefánja 3:17).

Jy kan in sy voorhowe kom met lofsang en danksegging, omdat jy so dankbaar is vir wie God is. Ten spyte van al jou swakhede en mislukkings, is jou hemelse Vader besorg oor alles waardeur jy gaan.

Moenie lewe in vrees en wanhoop, met min of geen hoop nie. Vra die Here om jou te help om die waarheid van sy liefde vir jou te begryp en daardie liefde in besit te neem deur geloof.