VERKWIKKENDE, LEWENDE WATER

Gary Wilkerson

Hoe beïnvloed God se verkwikking ons lewens op ‘n praktiese manier?

VERKWIKKING VAN ONS OMSTANDIGHEDE

Wanneer God ons omstandighede verkwik, verander Hy ou patrone wat mag insluit ons huwelik, ons finansies, ons werk. Hy mag moontlik ongesonde bestedingspatrone openbaar en ons oortuig om dit te verander. Hy kan ons selfs lei om finansiële raad te soek wat ons kan help om slegte patrone te vervang en ons leer om wyse rentmeesters te wees.

Hy mag moontlik ou patrone in ons huwelik ongedaan wil maak, patrone wat ons in ons liefdelose maniere vasgevang hou. Ons Vader is gereed om ons te verkwik met oorvloedige genade elke keer wat ons dit nodig het. Hierdie soort verkwikking handel oor ons omstandighede.

INNERLIKE VERKWIKKING

Dan het ons innerlike verkwikking – verkwikking wat verder strek as ons omstandighede om ons siele, ons lewens en ons innerlike wese te vernuwe. Hierdie soort verkwikking stroom nie net in ons in nie, maar uit ons uit. Dit vul ons met blydskap vir ons huwelik, vir tiendes en om vrymoedig te gee; om moeilike verhoudings met hoop en moed en energie te hanteer.

Kortliks, innerlike verkwikking veroorsaak dat ons verwag om elke oomblik saam met  Jesus te leef. Dit werk in ons ‘n hart wat sê, “Ek leef ten volle en vrees nie die dag nie. Ek is opgewonde om U, Jesus, te volg. U het my vol moed gemaak, nie vreesbevange nie. Laat my hierdie groot oorvloed van lewe vir U gebruik!”

BRING DIT ALLES VIR HOM

Wat stroom huidiglik uit jou uit? Ongeloof, murmurering, vrees? Of geloof, hoop en liefde? Net soos Hy by die fees in Jerusalem gedoen het, roep Jesus jou om vir Hom jou ongeloof, jou bitterheid en jou vrees te bring. Hy wil dit vervang met tevredenheid en aansteeklikheid, om jou van leegheid na volheid te laat beweeg.

Hy het belowe, “As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei” (Johannes 7:37-38).