VERKRY KRAG EN GESAG

David Wilkerson

Toe Christus by Getsémané gebid het, het Hy vir sy mense gedemonstreer hoe om krag en gesag te verkry oor alle sataniese magte. Toe die dissipels probeer het om duiwels uit te dryf, het daardie hels geeste vir hulle gelag.  Slegs toe Jesus op die toneel verskyn het, het die duiwels gevlug. Die enigste gesag wat hulle erken, is dié van 'n verslae hart en 'n gebroke gees.

Beskou nou Jesus se gebede by Getsémané:

  • “My siel is diep bedroef tot die dood toe” (Mattheus 26:38). Hier  was 'n stelling waar Hy in wese gesê het, “Dit is bokant My begrip, en as dit verder voortgaan, sal dit My doodmaak.”
  • “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan” (26:39). Het jy al ooit in uiterste angs gebid met warm trane wat van jou gesig af stroom?

By Getsémané, vind ons Jesus in 'n reeks geestelike angste:

  • Trane
  • Smekinge
  • Voorbidding
  • Neerbuiging

Elkeen is egter 'n geestelike episode wat uiteindelik gelei het tot by 'n plek van ontsaglike openbaring.

Ons weet as volgelinge van Jesus sal ons dieselfde dinge beleef. Hy het. Hy is ons voorbeeld in krisistye en gedurende sulke tye, moet ons bid net soos Hy: met geloof en die wete dat God al ons trane opvang. Net soos Hy, moet ons bid vir verlossing en God vra vir 'n uitweg.

Natuurlik is dit nie 'n daaglikse belewenis in ons wandel met die Here nie. Dit is eerder 'n ontmoeting met Hom, 'n konfrontasie waar ons aan die einde van iets kom. Op daardie oomblik, hou ons op kyk na ons omstandighede en begin ons ons siel voor die Here uitstort. En te midde van dit alles, glo ons, net soos Jesus, dat God ons liefhet en iets wonderliks in ons beproewing gaan openbaar.