Verkry Krag

David Wilkerson

In ‘n tyd wanneer groot oordele die nasies rondom hulle getref het, het Jesaja getuig dat hy ‘n dubbele deel van vrede gehad het.

Dieselfde wonderlike uitgangspunt wat Jesaja in moeilike tye gehad het, is vandag ook vir ons beskikbaar. Die belofte van rus is vir “almal wie se gedagtes op Hom gerig is” (sien Jesaja 26:3).

Hoewel Jesaja oorweldig was deur dit wat hy in sy wêreld sien gebeur het, openbaar die Skrif dat hy groot vrede geniet het. Daar was twee redes daarvoor:

Eerstens, toe oordele gereed was om die nasies te tref, was Jesaja in aanhoudende gemeenskap met God deur gebed. “Ook in die weg van u oordele het ons U verwag, o HERE! Tot u Naam en tot u gedenknaam gaan die begeerte van ons siel uit” (Jesaja 26:8). Jesaja was voorbereid vir enigiets omdat hy altyd “gebid het sonder ophou.”

Ek moet jou vra: wanneer die storm woed, gaan jy na die Here in gebed soos Jesaja? As jy dit doen, dan kry jy krag, omdat jou gedagtes gerig word op die liefde van jou soewereine, hemelse Vader en Hy openbaar voortdurend sy krag aan jou en bemoedig jou dat jy dit sal maak.

Die apostel Paulus het ons verseker met sy opdrag: “Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is – watter deug en lof daar ook mag wees, bedink dit” (Filippense 4:8, my kursief).

Met ander woorde: “Jy het al hierdie waarskuwings gehoor. Nou moet jy luister na wat God se Woord openbaar en wat sy wagte sê. En, laastens, rig jou gedagtes op Jesus en Sy goedheid.”