VERKLAAR MET VERTROUE

Gary Wilkerson

In ‘n onlangse dagstukkie, het ek geskryf oor die krag van smeekgebede. Vandag wil ek praat oor iets selfs kragtiger. As jy smeek, roep jy uit en vra God vir guns, vir krag, vir deurbrake. As daardie smeking sy pad na jou hart en verstand gewerk het, het dit sy pad na jou geloof gewerk; jy sal uit smeking uitkom en oorgaan na proklamasie.  

Jy sal deurbrake proklameer – en verklaar wat God in Sy Woord gesê het, “So sê die Here.” 

Jy sal verklaar dat God jou geroep gehoor het en dat dit tyd is om van jou knieë af op te staan. Nie om op te hou om te bid nie, maar om vir God te sê, “Ek het dit alles voor U gelê. Ek het my griewe honderde kere na U gebring, net soos Dawid, en daar is geen klagte meer oor in my hart nie. In pleks daarvan, is daar ‘n sterk en kragtige versekering dat dit goed gaan met my siel. U doen alles goed en ek sal ‘n oorwinnaar wees! Ek sal oorkom! U is vir my, nie teen my nie. 

“Hierdie siekte in my liggaam is weg! Die finansiële spanning en chaos waarin ek lewe, is agter my en ek beweeg in ‘n nuwe realm van geloof. My verlore seun kom huistoe. My verlore dogter bekeer haar tot Jesus.” 

Jy beweeg in ‘n nuwe rigting, weg van ‘n smekende uitroep van, “Sal U my help asseblief?” Jy staan nou vas op Sy Woord en glo dat Sy beloftes altyd waar is en verklaar met vertroue, “God is getrou aan Sy Woord. Hy sal my nie verlaat of begewe nie.”

Wanneer jy by daardie verklaring uitkom, begin jy op ‘n ander manier bid. Net soos Dawid gebid het, “U is ‘n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding” (Psalm 32:7).