VER BO ENIGIETS IN DIE VERLEDE

David Wilkerson (1931-2011)

Toe die ou profeet Elia sy laaste dae oordink het, het hy sy dienskneg, Elisa genooi om saam met hom die dorpe Bet-el en Jerigo te gaan besoek. Op hierdie “onderrigreis,” het hulle op die wal van die Jordaanrivier aangekom waar Elia sy mantel afgehaal het – ‘n wye, lospassende kleed of mantel – en het die water daarmee geslaan. Die water het bonatuurlik verdeel en die twee mans het deurgegaan op droë grond (sien 2 Konings 2:8).

Aan die ander kant van die rivier, het Elia na sy dienskneg gedraai en gesê, “Begeer wat ek vir jou moet doen” (2 Konings 2:9). Sonder aarseling, het die jonger man geantwoord, “Laat dan tog ‘n dubbele deel van u gees op my kom” (dieselfde vers).

Elia het verras gelyk oor Elisa se antwoord: “Jy het ‘n harde saak begeer. As jy my sien wanneer ek van jou af weggeneem word, laat dit dan so met jou wees. Maar so nie, dan sal dit nie wees nie” (2:10). Elia het in wese gesê, “As jy my sien wanneer die Here my wegneem, sal jou begeerte vervul word, maar as jy die aksie misloop, sal jy teleurgesteld huistoe gaan.”

Terwyl hulle geloop het, het daar skielik ‘n wa uit die hemel in ‘n flits verskyn, Elia was opgeneem. Elisa het die hele toneel gade geslaan en hy het uitgeroep, “My vader, my vader, wa van Israel en sy ruiters!” (2:12). Elia was weg maar sy mantel het op die grond geval. Elisa het dit opgetel en die oor sy eie rug gesit. Toe het hy teruggekeer na die Jordaan en het gedoen net soos sy meester gedoen het: hy het die water met die mantel geslaan en dadelik het die water geskei en hy het deurgeloop op droë grond. So het die jong profeet se merkwaardige bediening begin.

Wat sê hierdie gedeelte vir ons vandag? Ek glo God wil groter dinge doen met elke opeenvolgende geslag. Hy wil wonderwerke doen en meer van sy Gees vir sy kinders gee ver bo enigiets wat in die verlede beleef is. Hy verlang dat ons ons harte gereed maak en die Here ‘n nuwe ding sien doen in hierdie laaste dae.