VEILIGHEIDSMAATREËLS TEEN SATAN SE KOMPLOTTE

David Wilkerson (1931-2011)

In sy brief aan die kerk, gee Judas ‘n ernstige waarskuwing: “Aan die wat geroep, in God die Vader geheilig en vir Jesus Christus bewaar is: Mag barmhartigheid en vrede en liefde vir julle vermenigvuldig word... ek [het] die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is. Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën” (Judas 1-4).

Judas waarsku ons dat valse herders in God se huis sal insluip met een doel voor oë: om die Here se genade te verdraai. Hy sê, “Satan stuur ‘n sekere valse leerstelling om die kerk te infiltreer en dit gaan kom deur predikers, leraars en evangeliste. Hulle sal God se genade neem en dit subtiel verdraai, dit manipuleer totdat dit losbandigheid in God se kinders veroorsaak.”

Elke Sondag, kom belydende Christene bymekaar in God se huis om te aanbid, sy Woord te hoor en gemeenskap te geniet. Tog lei baie van hierdie skynbaar heilige mense begeerte-gevulde lewens. Die duiwel is waarskynlik nie daarop uit om jou te verslaaf met gemors en jou te verlei met ernstige sonde nie. Hy kan jou egter sover kry om genade te sien as ‘n verskoning vir permissiwiteit, dan kan hy jou op ‘n pad na slawerny plaas.

As jy werklik ‘n Bybelse begrip het van genade, kan die vyand jou nie mislei en verlei nie. Hier is drie veiligheidsmaatreëls teen die verleidings van Satan se leuens aangaande genade:

  1. Bou jou geloof op deur God se woord pligsgetrou te bestudeer. Deur dit beide te lees en te hoor.
  2. Bid in die Heilige Gees, nie net in die kerk nie, maar ook alleen.
  3. Wees oor niks bekommerd nie, maar sien uit na die Here se spoedige wederkoms.

Jy het die vermoë binne-in jou om al drie hierdie te doen en as jy dit doen, sê Judas, sal jy die voordele daaruit trek: “[Hy] wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig” (Judas 24). Halleluja!