VEILIG IN ELKE SITUASIE

David Wilkerson (1931-2011)

“Jy hoef nie bang te wees vir ‘n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie; wan die HERE sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik” (Spreuke 3:25-26).

Vandag vra baie mense vrae wat geen defnitiewe antwoord het nie. Sal daar binnekort ‘n depressie wees? Staar ons ‘n groot ekonomiese storm in die gesig waaroor talle bedienaars en ekonome teen waarsku?

Niemand op aarde ken werklik die antwoorde hierop nie. Ekonome gee verskriklike teenstrydige voorspellings, en sogenaamde profete stuur allerhande soorte verwarrende, ontsettende waarskuwings uit. Ek glo dat alle ware profesie hoop en vertroosting moet bied aan God se kinders wat deur geloof lewe.

‘n Aantal jare gelede, het honderde bekommerde Christene aan my geskryf oor ‘n profesie wat gesê het dat die grootste deel van Florida oorstroom sou word met ‘n vloedgolf. Talle het uit Florda padgegee op sogenaamde vakansies op die voorspelde datum – net ingeval die profesie waar was. Florida is steeds met ons.

Niemand weer waar, hoe, of wanneer God oordeel sal stuur nie. Die tye en seisoene is alles in sy hande. Leef jy in ‘n aardbewingsone, of miskien naby ‘n foutlyn? Of in ‘n groeiende woonbuurt wat minder veilig word soos die dae verbygaan? Geen kos opgegaar nie? Geen goue stawe of munte om weg te steek teen inflasie nie? Niks om op terug te val as die ekonomie in duie stort nie? Niks om van te leef as jy jou werk verloor nie?

Moenie paniekerig word nie! Jy het alles wat jy nodig het as jy glo in die Here se belofte van beskerming. Hoe meer ek die woorde van Jesus lees, hoe meer glo ek Hy vra vir ons kinderlike vertroue in Hom – om ons veilig te hou in elke situasie.