VEG VOORT!

David Wilkerson

Elke gelowige word uitgedaag om in die Bybel te bly soek, totdat die Heilige Gees God se beloftes laat lyk of dit, na hom of haar persoonlik uitspring. Ons kan weet wanneer dit gebeur, want ons sal ‘n kalm, sagte stem van die Gees hoor fluister: “Hierdie belofte is joune. Dit is God se Woord wat net vir jou gegee is, om jou deur moeilike tye te dra.” Ek is seker jy kan nie die stryd van geloof veg as jy nie die versekerende stem van die Here aan jou hoor nie.

SY PERSOONLIKE WOORD

Toe Dawid sy nederlaag gely het, het hy homself bemoedig, sy veglus teruggekry en onmiddelik in geloof opgetree. Toe hy sy veggees terug gekry het, het hy gevra dat iets vir hom gebring word, wat bekend was as die efod (skouerkleed). Dit was ‘n tipe kledingstuk wat twee stene, wat in die priester se borsplaat gehou was, ingesluit het. Per geleentheid het God deur die efod gepraat en Dawid was vasbeslote om ‘n woord oor die rigting wat hy moes inslaan van die Here te kry.

“Dawid het vir die priester Abjatar . . . gesê: ‘Bring tog vir my die skouerkleed nader.’ Abjatar het die skouerkleed vir Dawid nader gebring. Dawid het die Here geraadpleeg: ‘Moet ek hierdie bende agtervolg? Sal ek hulle inhaal?’ (1 Samuel 30:7-8, my beklemtoning).

VERKRY GOD SE LEIDING

Oordink wat Dawid hier gedoen het. Nadat hy gehuil het, en nadat hy sy veggees teruggekry het, het hierdie man dadelik op sy knieë gegaan. Die Here het hom die woord van leiding gegee wat hy nodig gehad het:

“Die Here het hom geantwoord: ‘Ja [agtervolg], want jy sál hulle inhaal en jou mense red.’” (30:8, my beklemtoning).

God se leiding aan Dawid was, “Gaan voort, jy sal oorwinning behaal.” Met ander woorde: “Veg Voort!”