VAN NOU AF

Gary Wilkerson

“En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. En Kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem” (Lukas 1:30-31).

God se guns het letterlik ‘n verandering van omstandighede in Maria se lewe teweeggebring – ‘n 180-grade draai. Volgens die Bybel, het sy swanger geraak. Wanneer God se guns op jou lewe is, sê Hy nie net, “Dinge sal uitwerk; probeer net vreugdevolle gedagtes dink” nie. Nee, God verander jou wêreld; Hy keer dinge onderstebo.

‘N GEBOORTE VAN IETS NUUTS

Maria het swanger geraak! Wanneer jy God se guns ontvang, sal Hy ‘n swangerskap veroorsaak, ‘n geboorte van iets nuuts in jou lewe. Daar is behoeftes in jou lewe, ‘n roepstem van jou siel. En as jy na God kom en sy guns ontvang, sal seëninge oor jou uitgegiet word en jou lewe sal verander word.

Maria het dit verstaan en sy het begin sing:

“My siel maak die Here groot, en my gees is verheug in God, my Saligmaker; omdat Hy die nederige toestand van sy diensmaagd aangesien het; want kyk, van nou af sal al die geslagte my salig noem” (Luke 1:46-48).

DINGE SAL ANDERS WEES

Ek hou baie van hierdie frase, “Want kyk, van nou af.” Van nou af sal dinge anders wees – en ek wil hê jy moet hieraan vashou. Ek wil hê jy moet hierdie waarheid in jou siel, jou gees en in jou verstand in besit neem vandag.

“Van nou af” vind daar ‘n verandering in jou plaas. Jy gaan van leef vir jou eie behoeftes en begeertes na ‘n lewe wat heeltemal onderworpe is aan Hom en jy besef jy kan niks in jou eie trotsheid doen nie. Wees vasbeslote om op Jesus te vertrou en op Hom alleen.