VAN DIE HEMEL NA DIE VALLEI

Nicky Cruz

Jesus het gekies om 'n Kind van die vallei te wees. Voor Hy aarde toe gekom het, het Hy in groter heerlikheid geleef as wat ons kan dink. Die Seun van die Koning van die heelal. Hy het aan die regterhand van God gesit. Hy is God. En tog het Hy gekies om van Sy troon afstand te doen en die wêreld van die vallei te betree. Hy het gekies om tussen die wanhopiges en verlorenes van die skepping te woon. Hy het Homself verneder, Homself verloën en Homself ontledig om ons ontwil. En Hy het in skande na die kruis gegaan om 'n brug te bou tussen die vallei en die bergtop.

Die vallei is 'n koue en hartelose plek om in te woon. Dit word gedefinieer deur blindheid, droogte en hongersnood. Jy kan die verwerping, die hartseer, die onsekerheid, die vrees en die onrus aanvoel. Jy kan die hulpeloosheid en pyn ruik. Jy kan die angs en droefheid aanvoel. En die vallei het niks te doen met inkomste of sosiale status nie. Dit is 'n toestand van die hart. Dit is enige plek weg van God ken en vertrou.

Jesus het na die vallei gekom om hoop, liefde en deernis te bring, om die blindes te laat sien, om die uitweg aan te toon. Hy het gekom om nuwe lewe te bring aan dié wat dood was. Hy het na die vallei gegaan, omdat die verlore mense daar gewoon het. En tog, so dikwels, maak diegene wat Hy vrygemaak het geen tyd om terug te kyk nie. Hulle wend nooit 'n poging aan om terug te reis na die vallei om ander te help om hulle weg daaruit te vind nie. Hulle reis nooit na die vallei van hopeloosheid om hoop te bring nie.

“Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was” (Lukas 19:10).

 

 

Nicky Cruz, 'n internasionaal bekende evangelis en produktiewe outeur, het hom tot Jesus Christus bekeer van 'n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run