Van Christus Af Wegdrywe

David Wilkerson

“Daarom moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdrywe nie.

“Want as die woord deur engele gespreek, onwankelbaar was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regverdige vergelding ontvang, hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid veronagsaam” (Hebreërs 2:1-3).

Hier is ‘n sonde wat slegter en meer skandelik is as egbreuk, alkoholisme of dwelmmisbruik. Ek glo die Woord van God stem saam dat die sonde van wegdrywe van Christus af, die tragiesste, gevaarlikste sonde van alles is. Dit het die ondergang van menigtes bewerkstellig wat eens dissipels van Jesus Christus was!

Jy sal geskok wees om te ontdek hoeveel beroemde mense eens op ‘n tyd volgelinge van die Verlosser was, maar weggedrywe het van hulle geestelike wortels af:

* Die New York Times het onlangs die profiel gepubliseer van ‘n professionele basketbal afrigter van een van die top spanne in die NBA. Hy is ryk en beroemd. En toe hy oor sy kinderdae gepraat het, het hy gesê hy het grootgeword in ‘n Pinksterprediker se huis.

Hy onthou wat hy genoem het “oordeelsdag prediking” en die verkondiging van die Wederkoms van die Here. Vandag is dit egter vir hom ‘n vae herinnering. Hy het vergeet van die vroeë dae van dikwels kerktoe gaan, bid vir die siekes, voorbidding doen in die vroeë oggendure, getuig in die strate, aanbidding en uitroep met trane, “Jesus, ek het U lief!”

Met die taal wat hy gebruik het, het dit geklink asof hy afstand tussen hom en sy verlede wil hê. ‘n Mens kon agterkom hy het verder en verder van sy wortels af weggedrywe!

Dit het egter nie oornag gebeur nie. In plaas daarvan, het hy met verloop van tyd weggedrywe. Dit het begin toe hy kollege toe gegaan het. En uiteindelik het alles wat hy geleer was en dit wat hy gehad het in ‘n verhouding met Jesus, slegs vae herinneringe geword. Nou klink dit asof hy dit alles graag heeltemal wil vergeet.

* ’n Broadway teaterbestuurder was veral ongeskik met my toe ons bediening onderhandel het om die Mark Hellinger Teater te koop. Ek het nie die man geken nie – maar hy het opgetree asof hy dit nie kon verdra om naby my te wees nie, asof ek ‘n aansteeklike siekte gehad het. Hy wou nie eens in dieselfde kamer as ek wees nie. As ons saam êrens heen geloop het, het hy 10 voet vooruit geloop.

Ek was seergemaak deur sy optrede – en ek het gewonder waarom hy my uitgekies het vir sulke wreedheid. Ek het gedink, “Wat is dit aan my wat hierdie man so senuagtig maak?” Toe het ek vir hom begin bid – en was daarop uit om sy vriendskap te wen.

Dit het ‘n rukkie geneem, maar hy het stadigaan vriendeliker geword. Eendag, terwyl ons in ‘n restaurant gesit het, het hy sy hart voor my begin oopmaak. En toe hy het, was ek geskok om uit te vind dat hierdie Broadway bestuurder ‘n kragtige ervaring met Christus gehad het toe hy ‘n tiener was! Die Gees het kragtig oor hom gekom, en hy het neergeval en gehuil. Hy het die Here hoor sê, “Gee My jou lewe!” – en hy het ‘n roeping ontvang om die evangelie te verkondig.

Daarna, het hy ‘n sorgsame hart vir mense en ‘n ware liefde vir Jesus gehad. Maar later, in sy vroeë twintigs, het hy begin wegdrywe. Hy het nie sy rug op Jesus gedraai nie; hy het Hom bloot verwaarloos. Hy het opgehou om kerk toe te gaan, sy Bybel te lees en met die Here te praat.

Hy het homself toegegooi met werk en op die ou end in Broadway beland, betrokke by beroemde persone in die teater. Uiteindelik het hy hom begin distansieer van sy ervaring met Christus – en hy het erg begin drink. Sy respek vir die dinge van die Here het vir ‘n rukkie gebly; maar soos hy verder en verder weggedrywe het, het dit makliker vir hom geword om God te vloek en ander gelowiges te spot.

Toe ek jare later op die toneel gekom het, het ek inbreuk gemaak op sy wêreld, dit het al die ou herinneringe teruggebring: van kerk, God se Woord, Jesus, sy roeping. Ek was ‘n herinnering van wat sy lewe moes gewees het – en hy het dit verafsku!

Die laaste keer toe ek hierdie man gesien het, het hy sy vooraanstaande posisie verloor – en hy het dronk verby ons kerk gestrompel. Ek was vir hom ‘n herinnering en ‘n bestraffing – en nou, in sy nood, kon hy dit nie in die oë kyk nie.

Almal van ons ken vriende, familie of kennise wat eens naby Jesus gewandel het – maar wat jou egter van Christus af weggedrywe het!

Jy onthou die vorige dae toe sekere mense sag, vol liefde vir die Here was, die Verlosser geloof en aanbid het in God se huis. Vandag sal jy hulle egter ken as ander mense. Elke dag drywe hulle stadig weg van alles wat hulle eens geken en liefgehad het – hule verlaat Jesus en beweeg in die teenoorgestelde rigting!

Die meeste mense wat wegdrywe sien hulleself nie as goddeloos of in enige gevaar nie. Hulle sê, “Wat daarvan as ek nie meer kerk toe gaan of baie godsdienstig optree nie? Ek het nie soveel verander nie. Ek het God steeds lief op my eie manier. Ek is nie ‘n dronkaard nie en ek gebruik nie dwelms nie. Ek loop nie rond nie – ek is ‘n gesinsman. Ek is eerlik en ek werk hard. En ek sal enigiets doen om iemand te help.”

Dit is waar – hulle is gewoonlik baie vriendelike, liefdevolle mense.

Maar hulle sien nie die gevaar wat voorlê nie. Dit val hulle nooit by dat hulle Jesus verwaarloos nie!

Dit is soos ‘n man wat wegdrywe op ‘n boot met die Niagararivier af – in die rigting na die Waterval. Hy roei saam, en geniet‘n luilekker Sondagmiddag op die water. Maar die mense roep van die wal af, “Stop! Roei terug wal toe – jy is in die moeilikheid! Gou, gryp jou roeispane!” Hulle gooi selfs ‘n reddingstou uit.

Maar die man glimlag vir hulle en sê: “Haai, ek is piekfyn – ek is nie in die moeilikheid nie. Wat kan verkeerd wees?”

Geliefde, wanneer jy wegdrywe van Jesus af, maak dit nie saak hoe “piekfyn” jy dink jy is nie. Jy is in gevaar! Jy dryf weg na ‘n geestelike blindheid en ondergang!

Jy sien, die stroom van verwaarlosing voer jou verder en verder weg van die Here af. En hoe verder jy stroom-af gaan, hoe vinniger en meer gevaarlik word daardie rivier! Jy weet dit nie, maar daar is ‘n bruisende waterval voor – ‘n plek waar daar kragte buite jou beheer is, ‘n plek waarvandaan jy nie kan omdraai nie, ‘n plek van skipbreuk!

Hier is die kern van hierdie saak van wegdrywe van Christus af:

Geen gelowige is immuun teen die sonde van wegdrywe van Christus af nie!

“Want as die woord deur engele gespreek, onwankelbaar was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regverdige vergelding ontvang, hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid veronagsaam” (Hebreërs 2:1-3).

Die skrywer van Hebreërs spreek hier die “erfgename van verlossing” (Hebreërs 1:14) aan, alle toegewyde Christene wat die Here liefhet. En hy sê, “Wees waaksaam teen wegdrywe!”

Die geskiedenis van God se volk was een van wegdrywe, afvalligheid, verwaarlosing en van God vergeet. Moses en die profete was skepties oor die geneigdheid van God se volk om die Here vinnig te vergeet en weg te drywe na hulle ou weë!

Net voor hy gesterf het, het Moses teruggekyk na die geskiedenis van God se kinders in die wildernis. Amper ‘n hele geslag van klaende, kwaadsprekende, ongelowige, sensuele mense wat uitgewis is deur God se oordeel, verskroei in die warm woestyn. En nou het ‘n getroue oorblyfsel voor Moses gestaan – ‘n beproefde, getoetste, afgesonderde volk wat getrou aan die Here gebly het. Moses het vir hierdie oorblyfsel gesê:

“Julle oë het gesien wat die HERE weens Baäl-Peor gedoen het; want al die manne wat agter Baäl-Peor aan geloop het, dié het die HERE jou God onder jou uit verdelg. Julle daarenteen wat die HERE julle God aangehang het, is vandag nog almal in die lewe...Want watter groot nasie het gode wat vir hulle so naby is soos die HERE onse God so dikwels as ons Hom aanroep?” (Deuteronómium 4:3-4,7).

Moses het in wese gesê: “Julle het getrou gebly in ‘n tyd van groot afvalligheid! Julle het nooit toegegee aan afgodery soos diegene wat vernietig is nie. En niemand het God nader aan hulle as julle nie!” Nou was hulle op die punt om die Beloofde Land binne te gaan – in die Here se volheid in!

Ek glo hierdie volk verteenwoordig ‘n heilige oorblyfsel van vandag – Christus-liefhebbers wat aan hulle Here vashou deur vurige beproewings en woestynbelewenisse heen. En die Here sê vir hierdie oorblyfsel, “Julle het nie afvallig geword nie. Julle het My en My Woord waarlik lief. Julle het die nabyheid van Jesus in julle harte!”

Toe Moses egter in die toekoms ingekyk het met sy profetiese oog, het hy ‘n seëvierende oorblyfsel gesien wat van God af wegdrywe – na ‘n tyd van groot seën en guns! Hy het gesê: “Neem jou net in ag en wees terdeë op jou hoede, dat jy die dinge nie vergeet wat jou oë gesien het nie, en dat hulle uit jou hart nie wyk al die dae van jou lewe nie” (Deuteronómium 4:9). Moses het vir hulle ‘n waarskuwing gegee op die werklike punt van hulle nabyheid aan God!

Hy het vir Israel gesê dat God hulle in veilige stede sal inbring, hulle in goeie huise sal laat woon en goeie dinge oor hulle sal uitstort. Hulle sou putte hê wat hulle nie hoef te grawe nie en wingerde wat hulle nie hoef te plant nie. Maar Moses het gewaarsku dat, by ‘n plek van volheid en seën, “Neem jou dan in ag dat jy die HERE nie vergeet wat jou...uitgelei het nie!” (Deuteronómium 6:12).

God is lief daarvoor om Sy geliefde oorblyfsel te seën. Die wonderlike seëning wat Hy op Israel in Kanaän in oorvloed op hulle uitgestort het, is bewyse dat dit Hom behaag om goeie dinge uit te stort op diegene wat getrou wandel in verbond met Hom.

Maar volheid – guns, seën, die goeie lewe – dra ‘n verborge gevaar vir die oorblyfsel. Jy sien, dit is moeiliker om aan die Here vas te hou in tye van seën as in tye van swaarkry en beproewing! Moses het vir hierdie heilige volk gesê:

“Neem jou dan in ag dat jy die HERE nie vergeet deur sy gebooie en sy verordeninge en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie te hou nie, sodat jy nie miskien eet en versadig word nie en mooi huise bou en bewoon...en jou silwer en jou goud vermeerder wat jou, ja, alles wat jy het, vermeerder – en jou hart hom dan verhef, dat jy die HERE jou God vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis uitgelei het” (Deuteronómium 8:11-14).

Moses het in wese gesê, “Jou versoeking sal nie afgodery of sensualiteit of vleeslike boosheid wees soos hulle wat voor jou gesterf het nie. In plaas daarvan, sal jou geestelike gevoelens verdof weens gemak, voorspoed, seën en volheid. Jy sal so omring wees met goeie dinge, dat jy die Here sal vergeet! Jy sal Hom verwaarloos – en Hy sal uit jou gedagtes vervaag. Jy sal van Hom af wegdryf!”

Het God se heiliges geluister na hierdie waarskuwings van Moses?

Het hierdie oorblyfsel steeds aan die Here vasgehou? Nee – glad nie! Hulle wou nie na die waarskuwing luister nie, want hulle kon dit nie glo nie. Hulle het gedink, “Nooit in ‘n miljoen jaar nie! Hoe sal ons ooit so iets kan doen?”

Maar, wat die duiwel nie met hulle kon doen deur sensualiteit en begeertes nie, het hy deur rykdom, seën en oorvloed van brood gedoen: “Toe het Jesúrun vet geword en agterop geskop – jy het vet geword, dik geword, spekvet geword – en hy het God verwerp wat hom gemaak het, en die steenrots van sy heil geminag...Die Steenrots wat jou verwek het, het jy veronagsaam; en jy het die God vergeet wat jou voortgebring het” (Deuteronómium 32:15,18).

Jeremia het later vir Israel geprofeteer: “Waarom twis julle met My? Julle almal het teen My oortree, spreek die HERE...Waarom sê my volk dan: Ons swerf vry rond, ons sal nie meer na U toe kom nie? Kan ‘n jonkvrou haar versiersel vergeet, ‘n bruid haar pronkgordel? Maar my volk het My vergeet, dae sonder getal” (Jeremia 2:29-32).

Jeremia het in wese gesê: “Dit is wonderlik! God het jou ontsaglik geseën. Nou, wanneer jy Hom egter behoort te dank en tot Hom te nader, gaan jy dae lank sonder om Hom te soek. Jy het die Here vergeet – jy het verder van Hom af weggedrywe!”

Hierdie tema verskyn keer op keer dwarsdeur die profete:

“My volk....het hulle lêplek vergeet” (Jeremia 50:6).

“Daarom, so sê die Here HERE... jy [het] My vergeet... en My agter jou rug gewerp het” (Esegiël 23:35).

“Israel [het] sy Maker vergeet” (Hoséa 8:14).

Terwyl ek hierdie boodskap voorberei het, het ek vir myself gevra, “Hoe kon Israel so ‘n ding doen na alles wat God vir hulle gedoen het – nadat hulle al Sy weldade ontvang het en so naby aan Hom was?”

Toe het ek gedink aan al my dwalende vriende en kennisse – diegene wat ek eens geken het en nou afvallig geword het en op die rivier wegdrywe van Christus af. Ek het gedink, “Hoe kan iemand dit doen? Hoe kan hulle so deur God geseën wees en van Hom af wegdryf?”

Toe het die Heilige Gees my laat vassteek in my spore. Hy het Sy lig op my laat val en gesê, “David, wat van jou?”

Ek het begin om my eie hart te ondersoek – en ek het sekere dinge herken oor myself wat gedui het op wegdrywe. Ek het nie die ywer vir die Here wat ek begeer nie; ek het nie die trane nie. Die Gees is gewillig, maar die vlees is swak!

Ek het op my aangesig voor die Heilige Gees neergeval. Hy het my gewys dat dit net so maklik is vir enige dienaar van die Here om te begin wegdrywe van Christus af. Daar is nie ‘n herder of evangelis wat immuun is nie!

Selfs die mees toegewyde gelowige kan begin wegdrywe – deur die geringste verwaarlosing!

Elkeen van ons tref soms ‘n droë tydperk. Maar dikwels, in plaas van om vinnig in Christus se teenwoordigheid in te hardloop en Sy Lewende Water te drink, laat ons die dag verbygaan. Dan gaan nog ‘n dag verby.

Stadig begin ons lui en passief raak oor die dinge van die Here. En voor ons dit weet, word ons vasgevang in die vinnige stroom van verwaarlosing, ‘n gevaarlike wegdrywe – en dit word moeiliker en moeiliker om terug te kom in gemeenskap met Christus!

Stadige, daaglikse verwaarlosing van die dinge van God is al wat dit verg. Satan weet dat God se heilige oorblyfsel nie verlei sal word deur groot sonde of verdraaiings van enige aard nie. So, in plaas daarvan, probeer hy die heiliges oorwin deur hulle te oortuig om een kerkdiens op ‘n slag, of een gebedsbyeenkoms te laat staan.

Het dit met jou gebeur? Jy het iets wat vir jou kosbaar is, soos daaglikse gebedstyd of Bybelstudie misgeloop. Toe het jy dit vir dae op ‘n keer...toe weke lank misgeloop... Jy het ‘n bietjie hier en ‘n bietjie daar verloor – en skielik was jy weggevoer in ‘n stroom!

Talle wat hierdie boodskap op hierdie oomblik lees, is magtiglik geseën deur God. Die Here het hulle uit sonde en duisternis gehaal en hulle vrygemaak. Hy het Sy hand op hulle en hulle familie gehou. Hulle laat egter dae verbygaan sonder om te bid! En hulle maak nooit hulle Bybels oop behalwe in die kerk nie!

Wees gewaarsku! ‘n Jaar van nou af, sal jy nie meer boodskappe soos hierdie lees nie – omdat jy God se huis en Sy kinders heeltemal verlaat het!

Jy sien, ons sal nie die Here verwerp nie – niemand van ons sal dit doen nie. Maar ons verwaarloos Hom. Ek vra jou: Het jy jou geestelike bewustheid verloor, die dringendheid om jouself te ondersoek en te sê, “Wag ‘n bietjie – ek dryf weg. Ek word lui om die Here te soek!”

Jy mag moontlik reeds van die Here af wegdryf!

Hier is die tekens van ‘n gevaarlike wegdrywe:

1. Ongereëlde bywoning in God se huis. Jy maak geen spesiale poging om daar te kom nie; ander dinge kom eerste. Maar diegene wat aan Jesus vashou, besef dat wanneer hulle eers God se huis begin verwaarloos, sny hulle hulself af van geestelike lewe!

Jy sien, om weg te bly van die liggaam af, is om jouself van die Hoof af te sluit – omdat die Hoof aan die liggaam vas is. En om die liggaam se geestelike lewe deur jou te laat vloei, moet jy daaraan vas wees. Jy kan nie alles wat jy nodig het op jou eie kry nie – nie eens in die binnekamer nie – nie as jy jouself van die liggaam van Christus afgesny het nie!

Sommige woon slegs Sondagoggende by. Maar soos wat hulle wegdrywe, sal selfs dit laat staan word! Dit sal vervang word met Sondaguitstappies, televisie, die Sondagkoerant, agterplaas speeltyd met die kinders. Wees versigtig – dit is alles tekens van wegdrywe!

2. Minder tyd vir gemeenskap met Jesus, en meer tyd vir vriende en persoonlike dinge. Diegene wat aan Jesus vashou, sal geen koste ontsien om vir Hom hulle beste tyd te gee nie!

Vir sommige is dit die vroeë oggendure: Hulle is vroeg in die oggend op met ‘n koppie koffie en hulle Bybel. Hulle ontmoet die sonsopkoms op hulle knieë saam met Jesus en dit maak hulle dag. Vir ander, soos vir my, is die beste tyd die middernaguur. Ek hou daarvan om die dag af te sluit saam met die Here, terwyl die telefoon en alle ander afleidings afwesig is. Watter tyd jy Hom ook al gee, dit moet ongejaagde, kwaliteit tyd wees – gereeld en daagliks!

Die wegdywer tref die grond in die hardloop in die oggende. Hy het net “gedagte gebede.” Hy fluister dit hier en daar dwarsdeur die dag – maar sy gedagtes in nie ingestel op die Here nie. Dag vir dag, dryf hy net saam. Hy wil werklik bid en die Bybel lees, maar hy hou aan om dit uit te stel. Skielik het weke verbygegaan, en sy wegdrywery het erger geword. Hy het tyd vir alle ander dinge – maar nie vir Jesus nie!

3. ’n Onwilligheid om die dissipline te verduur om weg te bly van wegdrywe. Ons vlees is nie geneig om te bid, God se Woord te lees of Sy aangesig te soek nie. Hierdie dinge verg dissipline. En ons moet onsself daaraan onderwerp. Ons moet onsself forseer en sê, “Ek sal nie toelaat dat ek myself sal laat wegdryf nie!”

Maar as jy net niks doen nie – as jy passief sit en jou eie ding doen – dan sal jy heeltemal van Jesus af wegdrywe! Jy mag dalk praat soos ‘n ware volgeling, en jy mag dalk steeds heilig optree – maar jy sal ‘n dooie gees, ‘n harde hart hê!

Jy moet verstaan dat wanneer jy jou hart daarop instel om God te soek, sal die duiwel probeer om jou weg te hou van gemeenskap met Hom erger as ooit. Daar sal ‘n “komplot van onderbrekings” wees wat reguit uit die hel gestuur word: Jy sal meer dikwels gaap as ooit in jou lewe! Moegheid sal jou liggaam oorval. Jou gedagtes sal wilde paaie loop.

Maar dit is wanneer jy jouself moet dissiplineer en elke gedagte gevange neem tot gehoorsaamheid aan Jesus Christus! (sien 2 Korinthiërs 10:5). Gebed beteken nie om jou lippe te beweeg wanneer jou gedagtes êrens anders is nie – dit beteken om jou gedagtes op Jesus te fokus en stil en kalm te word, sodat Hy met jou kan praat!

Laat My vir jou die skrikwekkende gevolge wys van wegdrywe van Christus!

Ek kan verskeie gevolge opnoem van wegdrywe, maar ek sal slegs twee met jou deel. Jy beleef dit dalk reeds:

1. God sê, “Jy is op pad na ‘n ramp – en Ek het my rug op jou gekeer!” “Nogtans het my volk My vergeet...met die nek, en nie met die aangesig nie, sal Ek hulle aankyk in die dag van hulle ondergang” (Jeremia 18:15-17).

God het gewaarsku, “Jy het dalk nie probleme, verdrukking of siekte op hierdie oomblik nie. Maar jy kan weet dit sal verseker kom – dit staan in werklikheid reg voor die deur! En wanneer teenspoed kom, wie sal daar wees om jou te vertroos en te help, siende dat jy nie langer My geselskap begeer nie?”

In al die beproewings van siekte wat my vrou, Gwen, en my dogters deur is, kon ek in die uitgestrekte arms van Jesus inhardloop en troos, sterkte en hoop daar vind. Hy was altyd daar om my te omhels wanneer ek die ergste gely het. Ek het ‘n plek gehad om heen te gaan!

Maar diegene wat die Here vergeet, het geen redder nie, geen trooster nie. Die Here sê vir hulle in barmhartigheid, “As jy van My af wegdrywe, sal jy afgesny word van jou bron van voorsiening!”

Die Skrif sê die volgende:

“Omdat Ek geroep en julle geweier het, ek my hand uitgestrek en niemand geluister het nie, en julle al my raad nie opgevolg...daarom sal ek ook lag by julle ondergang. Ek sal spot as julle verskrikking kom...en julle ondergang soos ‘n stormwind aankom, as benoudheid en angs julle oorval.

“Dan sal hulle na my roep, maar ek sal nie antwoord nie; hulle sal my soek, maar my nie vind nie. Omdat hulle die kennis gehaat en die vrees van die HERE nie verkies het nie....Want hulle eie afkerigheid maak die eenvoudiges dood, en hulle eie sorgeloosheid rig die dwase ten gronde” (Spreuke 1:24-32).

2. God sê jy sal in diep slaap verval – en op die ou end louwarm en lui word. “Daarom, so sê die Here HERE: Omdat jy My vergeet het en My agter jou rug gewerp het, so dra jy dan ook nou jou skandelike dade en jou hoererye” (Esegiël 23:35).

Die sonde van God vergeet, open die deure vir alle ander sondes! As jy Hom vergeet, moet jy nie verbaas wees wanneer jy in allerhande soorte louwarmheid verval nie: egbreuk, pornografie, dinkery – dinge wat jy nooit geglo het jy sou in staat wees om te doen nie! Beskou:

* Hoeveel vroue leef saam met ‘n man wat van God af weghardloop? Baie mans sterf stadig van dwelms of alkohol. Hulle was eens liefdevolle, vriendelike, sorgsame mans. Maar nou weet hulle families wat dit is om hulle in hulle eie braaksel te sien lê. Hierdie mans het heeltemal verander – hulle is vervloek!

*’ n Man wat ons kerk bywoon gaan in die nagte uit om sy vrou wat ‘n straatdronkie is te soek. Sy vlug van God af weg, en het waansinnig in haar louwarmheid geword. Sy was nie altyd so nie – maar sy het so geword!

* Hoe verstom moet die engele wees as ‘n evangelis wat hom sterk uitspreek teen sonde, in sy kar klim, met ‘n onooglike straat af ry en ‘n prostituut vra om in te klim! Die paartjie sluip in ‘n slordige hotel in om louwarmheid te bedryf, en die hemelse leërskare beskou hoe daar oordadig toegegee word aan die bose – die gees van ‘n hoer! Die Skrif wat hierdie man verkondig, eggo die vloek: “Omdat jy My vergeet het en My agter jou rug gewerp het, sal jy louwarm word – en die gees van ‘n hoer hê!”

Geliefde, God gee vir Sy dienaars hierdie waarskuwings om hulle te probeer red van ‘n ramp – om in die hel te beland! En dit is waar dit alles sal eindig – omdat die hel is waar alle sonde eindig!

Wanneer julle wegdrywe van Christus af, is dit selfs makliker om weg te dryf van jou man of vrou af – en uiteindelik van jou kinders af. As jy Christus verlaat, hoeveel makliker sal dit nie eendag wees om jou geliefdes te verlaat nie? Jy sal verander in ‘n ander persoon – vervloek met die gees van ‘n hoer!

God oortuig my van sonde deur hierdie boodskap!

Ek het goeie gesondheid, ‘n gesonde vrou, vier pragtige kinders en nege kleinkinders. Ons kerk is sonder skuld. God het inderdaad Sy seën oor ons uitgestort op baie maniere!

Maar dit is die tyd vir ons almal om waaksaam te wees! Wanneer jy sê, “O, ek het my familie en kerk lief, en ek is lief daarvoor om U te aanbid, Here” – wees waaksaam, voor jy Hom vir vanselfsprekend aanvaar en begin om die dinge van God te verwaarloos!

Nou is die tyd om jou vlees te dissiplineer – om besit van jouself te neem, in te dring en te sê, “Jesus, ek is nou meer dankbaar teenoor U as ooit. Moenie dat ek wegdrywe nie – neem my hart in besit. Laat my aan die brand bly!”

Is jy gewillig om Jesus in die oë te kyk en te sê, “Here, ek kan ‘n effense wegdrywe in my gees waarneem – ek kan die subtiele tekens sien.” Vra vir God om vir jou die eerlikheid te gee om te sê, “Ja, Here – ek sien hoe maklik dit vir my is om weg te dryf na koudheid, louwarmheid en verwaarlosing.”

Onthou jy ‘n tyd toe jy werklik naby aan Jesus was? Het jy ‘n agtergrond of ‘n ervaring met Hom wat jy verwaarloos? Kerkbyeenkomste in jou vroeë kinderjare? ‘n Biddende ouer of grootouer wat vir jou voorbidding gedoen het? Miskien was daar eens iets kosbaar in jou hart – maar nou staan jy voor God en dryf weg.

Bid die volgende uit jou hart uit:

“Here Jesus, vergewe my dat ek U liggaam, U Woord en gemeenskap met U verwaarloos het. Ek het tyd vir almal en alles behalwe U. In plaas van my tot U te wend, wend ek my tot onrus, net omdat ek lui geword het.

“Vergewe my, Here – ek wil nie omdraai nie. U het vir my alles gegee wat ek nodig het in die Bybel om my in heiligheid, geregtigheid en vrede met U te bewaar. Ek wil aan die brand bly tydens U seëninge. Hou my honger vir U! Amen!