Ure van Grootste Swakheid

Gary Wilkerson

Ek dank my God elke maal as ek aan julle dink — en ek bid altyd in al my gebede vir julle almal met blydskap — oor julle gemeenskap aan die evangelie van die eerste dag af tot nou toe, omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ’n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus; soos dit vir my reg is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart dra, aangesien julle almal in my boeie sowel as in die verdediging en bevestiging van die evangelie my deelgenote in die genade is.

“Want God is my getuie hoe ek na julle almal verlang met die innige tederheid van Jesus Christus. En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring, om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand ’n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus, vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God” (Filippense 1:3-11).

Die apostel Paulus het vir die Filippensiese kerk geskryf vanuit ‘n Romeinse tronk. Meer as enige ander kerk, het hierdie gelowiges hom in sy bediening ondersteun en hulle was vir hom baie dierbaar. Paulus het sy liefde en sy waardering vir hulle deelgenootskap uitgedruk. Ook, wou hy hulle bemoedig om hulle oë op Jesus te hou en God te vertrou om die werk wat Hy in hulle begin het te voleindig.

Paulus is ‘n volmaakte voorbeeld van iemand wat deur groot lyding gaan en sy geloof in die krag van God bewaar. Verder aan lees ons, “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee” (Filippense 4:13). Paulus was seker van sy eie verhouding met Jesus en het geweet dat God hom sou bystaan in sy ure van grootste swakheid.

Net so, het ons die versekering dat God ons bystaan wanneer die lewe onvolhoubaar voorkom. Dat ons in ure van grooste swakheid ‘n krag het wat onwrikbaar is. Ons het ‘n opregte hoop – God is met ons in ons nood.

Wanneer jy deur beproewings gaan, wees vol vertroue dat God jou sal bystaan. Verder, dat Hy eendag in jou die werk sal voleindig wat Hy in jou begin het. Hou jou oë op Hom.