UITVERKOOP AAN JESUS

David Wilkerson (1931-2011)

Die Here het vir Petrus gesê, “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg” (Matthéüs 16:24).

Dit is duidelik dat om aan Jesus se kerk te behoort, meer beteken as net om bloot in Hom te glo. Baie Christene van vandag “stem” bloot vir Jesus, maar dan loop hulle weg en vergeet heeltemal van sy heerskappy oor hulle lewens. Ons Here maak dit duidelik dat om aan Hom te behoort, sluit ‘n lewe van selfverloëning en ‘n kruis opneem in. “En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie” (Matthéüs 10:38).

Jesus sê in wese, “As jy in my kerk is, wees bereid om vervolg en bespot te word as jy honger en dors na My. En wees bereid om jouself alle roem, aanvaarding en wêreldse plesiere te ontsê.” Christus se kerk was immers nog nooit aanvaar deur die wêreld nie en dit sal ook nooit nie. Mense sal ongemaklik rondom jou wees en van jou geselskap af wil wegkom. “Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens” (Lukas 6:22).

Jesus wys on die pad wat na ware vervulling lei: “Elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind” (Matthéüs 16:25). Met ander woorde, die enigste manier waarop jy betekenis in die lewe sal vind, is om uitverkoop te wees aan Jesus. Dan sal jy ware vreugde, vrede en tevredenheid vind. Christus sê vir ons, “Wanneer jy na My toe kom, moet jy sterf aan self, alle goddelose ambisie en jou ego. Deur geloof, sal jy saam met My begrawe wees, maar Ek sal jou laat opstaan in ‘n nuwe lewe!”

“Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe” (Johannes 6:63). Slegs die woorde van Jesus kan lewe skep en ons moet moet dit inneem soos wat ons kos en drank sou eet – deur daagliks die Woord van God te lees en tyd in sy teenwoordigheid deur te bring.