UITERMATE SWAAR

David Wilkerson (1931-2011)

“[God] wat ons verlos het uit so ‘n groot doodsgevaar en nog verlos; op wie ons hoop dat Hy ook nog sal verlos” (2 Korinthiërs 1:10).

Paulus praat hier van God se verlossende krag – in die verlede, hede en toekoms! Hy sê in wese, “God het ons in die verlede verlos, Hy sal ons nou verlos, en Hy sal ons verlos uit elke toekomstige probleem en beproewing. Ons hoef niks te vrees wat oor ons pad kom nie, want ons weet God sal ons verlos!”

Dit is ‘n kragtige stelling, maar baie van ons vergeet die vorige verlossings van ons Here, net soos die kinders van Israel. O, die verlossings wat God vir hulle gegee het! Hy het hulle gelei met ‘n wolkkolom in die dag en ‘n vuurkolom in die nag; die Rooi See verdeel sodat hulle op droë grond kon deurgaan; vir hulle manna uit die hemel gegee en strome water uit die rots. (Lees Exodus 13:21; 14:21-22; 16:31; Psalm 78:16.) Maar steeds het hulle God versoek en teen Hom gepraat.

Ongelukkig, gebeur dit dikwels met ons. Ons sê, “Wel, ek was in ‘n moeilike situasie en God het my gered. Maar hierdie is anders.”

Ons liefdevolle Vader wil hê ons moet kom by ‘n plek in ons geloof waar ons Hom vertrou in elke krisis, elke versoeking sonder om te twyfel. Hy wil hê ons moet nooit twyfel in sy mag om ons te red nie.

Moenie my verkeerd verstaan nie. Ons moet steeds die goeie stryd van die geloof stry. Die Here het ‘n manier om ons toe te laat om soms “bo ons krag uitermate swaar” te kry, soos Paulus in 2 Korinthiërs 1:8 skryf. Dit beteken Hy was bo sy eie krag beproef en kon nie langer op homself vertrou nie. Daarom het hy hom tot God gewend!

Soms moet ons erken dat ons in dieper moeilikheid is as wat ons kan hanteer en op ons knieë voor die Here neerval! Ek moedig jou aan om tot die Here uit te roep en Hom te vertrou. Hy is getrou om jou te verlos.