TROOS IN VERDRUKKING

David Wilkerson (1931-2011)

Die geheim om te verstaan hoe God ons van verdrukkinge verlos, is om te bestudeer hoe Hy Israel uit hulle slawerny verlos het

“Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as 'n waarskuwing aan ons” (1 Korinthiërs 10:11).

Alles wat met Israel gebeur het – hulle slawerny, hulle beproewings, hulle verlossing uit Egipte – is getuienisse, patrone en voorbeelde vir ons vandag. Trouens, Israel se fisiese verlossing verteenwoordig die geestelike verlossing wat ons moet beleef.

Het jy al ooit gewonder waarom Israel nie in opstand gekom het toe hulle in slawerny onder Farao was nie? Hy het hulle immers gedwing om stene te maak sonder strooi. Hy het sy slawedrywers opdrag gegee om hulle te slaan. Waarom het Israel nie sake in eie hande geneem nie? Hulle het sekerlik die mannekrag gehad, veral na die tien plae, toe Egipte verslae, swak en in rou was. Selfs Farao het erken, “Die volk van die kinders van Israel is meer en magtiger as ons” (Exodus 1:9).

Die rede waarom Israel nooit in opstand gekom het nie, is omdat hulle nie suksesvol sou wees nie. Die Here het vir Moses gesê, “Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte. Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos...” (Exodus 3:7-8).

God sê duidelik hier, “Ek ken hulle smarte.” Geliefde, as dít nie vir jou vertroosting in jou verdrukking gee nie, sal niks nie! Die Here sê in wese, “Ek weet waardeur jy gaan, wat jy voel. Maar hierdie is nie jóú stryd nie. Jou slawedrywer, die duiwel, is een te veel vir jou, daarom het Ek gekom om jou te verlos.

“Ek is die HERE, en Ek sal julle onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle slawerny, en Ek sal julle verlos deur ‘n uitgestrekte arm en deur groot strafgerigte; en Ek sal julle as my volk aanneem en vir hulle ‘n God wees” (Exodus 6:5-6).