TOT GEBED GEROEP

David Wilkerson

Bidure herleef in kerke dwarsdeur New York Stad. Wie sou kon glo dat dit in “Sonde Stad” sou gebeur? Nie lank gelede nie, het meer as 50,000 gelowiges in Time Square bymekaargekom om te bid. En Christen konferensies wêreldwyd word impromptu bidure.

Wanneer die Gees bearbei – wanneer sondaars hulle tot Christus bekeer; wanneer die Gees getuig dat dit nou die tyd is om te bid; wanneer God ‘n belofte maak en begin beweeg – kan jy nie terugsit en sê, “God het dit beloof. Ek gaan dit bloot ‘deur geloof in besit neem’ nie. Ek sal ontspan en kyk hoe Hy alles vervul wat Hy sê.” Nee! Wanneer die Gees beweeg, is dit tyd om deur te druk met drif en geloof.

Toe Daniël Jeremia se profesie gelees het, het hy bereken dat Israel se sewentig jaar van ballingskap op ‘n einde gekom het. Hy het besef dat Israel op die punt was om verlos te word uit Babel. God se volk was op die punt om vrygemaak te word! (Sien Daniël 9:2).

So, wat het Daniël gedoen? Het hy vir God gewag om op te tree, “alles in geloof in besit te neem”? Nee! Daniël het verklaar, “En ek het my aangesig to die Here God gerig om met vas, en in roukleed en as, my aan gebed en smeking te wy” (Daniël 9:3). En, natuurlik, hy het met oorvloedige geloof gebid.

Voor elke groot beweging van die Here, roep die Heilige Gees ons tot vurige gebed. En elke groot beweging van die Gees wat volg, word aan die gang gehou gebed.

In Judas se sendbrief, lees ons van ‘n laaste-dag geslag wat oorgegee word aan hoerery en sensualiteit. Dit was ‘n tyd toe God se volk gemurmureer en gekla het. Judas het dit alles geprofeteer, “Kyk, die Here het gekom met sy heilige tienduisendtalle, om gerig te hou” (Judas 14-15).

Hoe moes God se volk hiervoor voorberei? Volgens Judas, “Maar julle geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid” (Judas 20). In die donkerste uur, moet God se kinders altyd waak en bid.