TOETREE TOT DIE STRYD

David Wilkerson (1931-2011)

Veronderstel dat ‘n boksafrigter sy bokser na ‘n afgesonderde afrigtingskamp sou neem en ‘n hele sessie deurbring om hom op te sweep vir die groot geveg.

"Moenie bekommerd wees nie! Ek sal heeltyd by jou wees! Hier is ‘n lys van al die beroemde boksers van die verlede. Bestudeer net elke beweging wat hulle gemaak het en dan hoef jy nie self deur moeilike oefensessies te gaan nie. Jy is ‘n wenner en as jy my raad volg en die diagramme memoriseer wat ek vir jou gemaak het, kan jy teen enigeen in die ring klim en hom wen!”!"

Hoe dwaas klink dit? Watter soort afrigter sou so ‘n ding doen? Maar baie Christene wat hulleself krygers noem, was nog nooit getoets of afgerig nie. Dit is so jammer dat hulle nog nooit in ‘n geveg was nie en hulle is nie gereed om te veg nie.

Waarom gaan so baie gelowiges deur sulke swaar tye? God weet dat Satan op die aarde losgelaat gaan word vir sy laaste uur van oorlog. En die Here gaan goed opgeleide krygers nodig hê wat oor al die magte van die hel sal seëvier.

Hierdie ernstig beproefde heiliges word die kapteins van Sy laaste-dag weermag. Hierdie tipe van afrigting vra vir fisiese sowel as geestelike dissipline. Jakob het sy hele liggaam in die stryd gewerp – al sy menslike vernuf. ‘n Veggees het in hom opgestaan - en die Skrif sê, "In sy manlike krag het hy met God geworstel" (Hoséa 12:4).

Hierdie vers het groot betekenis vir almal wat in gebed wil oorwin. Dit sê, Jakob het oorheers in gebed en die slag gewen, "deur sy krag"! En dierbare heilige, as jy wil oorwin in hierdie laaste dae, dan sal jy al jou krag in die stryd moet werp. God wil ‘n volk oprig wat verteer word met die drang om deur Hom gebruik te word om ander te help.