Tem Jou Tong

David Wilkerson

“Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is ‘n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif” (Jakobus 3:8).

In hierdie vers van hierdie sendbrief, praat Jakobus oor die tonge van gelowiges. Hy doen ‘n beroep op die kerk om beheer van hulle tonge te neem – voor hulle daardeur vernietig word!

Hoe ernstig is die saak van die tong tem, vra jy? Kan ‘n “onbedwingbare tong” werklik so sondig wees?

Baie Christene voer inderdaad tans intense geestelike oorlogvoering teen sterk gewoontes soos dwelms, alkohol, tabak, wellus. Hulle kan nie dink dat ‘n onbedwingbare tong ‘n baie ernstige sonde kan wees nie. Ek kan amper die reaksie hoor van die gelowige wat gemoeid is in ‘n titaniese stryd met een of ander groot versoeking:

“Haai pastoor – jy moet seker ‘n grap maak! Ek stry die stryd van my lewe en probeer oorwinning oor ‘n demoniese vesting kry, en jy praat van klein woordjies. Hoe kan jy ‘n los tong vergelyk met die soort stryd waarin ek gemoeid is?”

Dierbare heilige, ek sê vir jou, ‘n onbedwingbare tong is die wêreld se dodelikste wapen! ‘n Onheilige, los tong is erger as dwelm of alkohol misbruik – dit is erger as alle sondes van die vlees! Die Bybel noem die tong ‘n wêreld van ongeregtigheid, ‘n besoedelaar van menigtes, ‘n smaak van hel op aarde (sien Jakobus 3:6).

Laat my vir jou uit God se Woord wys hoe gevaarlik en verdoemend ‘n onbedwingbare tong is:

1. ’n Onbedwingbare, onbedagsame tong weerspreek alles geestelik in jou lewe!

‘n Los tong maak alle godsdiens absoluut waardeloos! Dit kan jou elke geestelike aktiwiteit totaal nutteloos maak in God se oë: “As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toon hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs” (Jakobus 1:26).

Jakobus praat hier van diegene “onder julle – hulle is deel van die liggaam van Christus wat in die kerk is. Dit is nie dwelmverslaafdes of boemelaars nie – hulle is deel van die liggaam van Christus wat vroom en geestelik voorkom. Hulle is aktief in die werk van die Here. Maar hulle tonge is onbedwingbaar, buite beheer! Jesus plaas die vergrootglas op diegene wat heilig, vriendelik, sag en liefdevol voorkom – maar wat by die kerk of by hul werk of in hulle familie met giftige tonge rondloop en altyd luister na en praat oor skinderstories. Hulle dink murmurering en ‘n gekla is niks nie. God sê hulle godsdiens – al hulle vertoon van geestelikheid – is verniet. Dit is nutteloos, waardeloos!

Geliefde, ek wil nie voor die regterstoel van Christus staan en ontdek dat al my arbeid vir die Here – al my geestelike pogings – alles verniet was nie! Ek wil Hom nie hoor sê, “David, jy het magtige werke in My naam gedoen. Jy het dwelmrehabilitasie sentrums en tehuise vir alkoholiste gestig. Jy het vir tallose duisendes gepreek en baie vir My koninkryk gewen. Jy het die hongeres gevoed, die naaktes geklee, duiwels uitgedryf en die siekes gesond gemaak.

“Maar dit was alles verniet – alles nutteloos! Ek ken eenvoudig nie hierdie man wat met ‘n verdeelde tong praat nie. Jy het jou tong gebruik om te seën en dan te oordeel! Uit jou mond het soveel mooi gekom – soveel wonderlike, opbouende woorde. Maar daar was ook bitter, onvriendelike woorde – doodslag, haatlike, afgunstige woorde! Jy het My waarskuwings oor hierdie saak van die tong te ligtelik opgeneem. Ek het jou gewaarsku dat al jou geestelike aktiwiteit verniet sou wees as jy nie jou tong in toom kan hou nie. Maar jy het nie geluister nie!”

Geliefde, dink aan alles jy wat gedoen het in jou wandel met God – al die trane wat jy gestort het vir ander, al die deernisvolle, besorgde dade wat jy verrig het. Jy was selfs gewillig om jou lewe vir ander af te lê. Al hierdie dinge is egter verniet as jy onbedagsame woorde uitgespreek het!

Jy mag wonder, “God is sekerlik nie so liefdeloos dat Hy my geestelikheid buite  rekening sou laat bloot omdat ek iets ongevoelig gesê het nie?”

Ek praat hier van Christene wie se tonge nog nooit getem was nie. Hulle spreek teen God se mense sonder om ‘n oog te knip! Hier is wat God oor sulke ongevoelige kekkelbekke sê:

“Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie” (1 Korinthiërs 13:1-3).

Al jou geestelikheid, al jou opoffering, word as waardeloos gereken weens ‘n ongevoelige onbedwingbare tong! Kan jy jou voorstel om vir Jesus te sterf – om op die brandstapel verbrand te word, al jou geld te gee om die armes te voed, alles in hierdie lewe vir die Here laat staan, maar dit is egter alles verniet?

Jy sal nie ‘n martelaar se beloning kry nie, omdat wanneer jy voor die oordeelstroon staan, die Here vir jou sal sê, “Jy het dit alles met die verkeerde motief gedoen. Jy het nie liefde in jou hart gehad nie! Jy het bitterheid in jou gehad, en dit het by jou mond uitgekom. Jou tong was nie vriendelik en liefdevol nie – dit was bittter, onvriendelik, giftig. Al jou werke het jou niks gebaat nie!”

2. Die woord wat jy spreek, weerspieël wat in jou hart is!

“Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond” (Matthéüs 12:34).

Toe ek as kind iets stout gesê het, het my moeder my mond met seep uitgewas. Maar dit was nie my mond wat reiniging nodig gehad het nie – dit was my hart!

Jy sien, jou tong spreek slegs wat in jou hart is. Dit is die einste woorde van ons Here Jesus Christus. En Hy sê dat los, onbedagsame, bose praatjies slegs uit ‘n bose, onrein hart kan kom!

Ons as gelowiges het nog nie ernstig opgeneem wat ons Here gesê het oor ons tonge tem nie. Hy het daarvan ‘n hartsaak gemaak – ‘n kwessie van lewe en dood! Nie net veroorsaak my onbedagsame tong dat al my sogenaamde geestelikheid buite rekening gelaat word nie – dit bring my ook te staan voor die onbetwisbare [sic] feit dat my hart onrein en vuil is. Iets van die hellevuur smeul binne-in my!

As ek sensuele, wellustige woorde uit my mond hoor kom... as ek skinder... as ek ‘n leuen vuil grap vertel... as ek ‘n ander persoon verkleineer... as onvriendelik praat of jaloers is op iemand... as ek my stem verhef en op my gesin skree... as ek mense slegsê... as ek vloekwoorde uitspreek... as ‘n stroom woedende woorde uit my mond kom... dan moet ek myself vra: “Watter onrein, slegte dinge is steeds in my weggesteek dat ek op só ‘n manier sou praat?”

Ek moet my hart ondersoek en vra, “Waar kom dit vandaan? Daar moet steeds iets wees waarmee ek nie gedeel het nie, of ek sou nie sulke dinge gesê het nie. Waarom hou ek aan skinder of sleg praat? Waarom uiter ek sulke gemene, onbedagsame woorde? Watter onrein vesting is daar steeds in my hart?”

Onbedagsame, onbedwingbare praatjies is nie net ‘n fout nie. Dit is nie net ‘n swakheid of ‘n gewoonte waarin ons soms verval nie. Jy kan nie van ‘n mede Christen sê, “O, soms kan hy jou seermaak met sy woorde. Maar meeste van die tyd is hy regtig aangenaam en vriendelik. En hy het die Here lief diep binne. Hy bedoel nie om iemand seer te maak nie.”

Nee! Jakobus sê alles alles van daardie persoon se geestelikheid word buite rekening gelaat! En meer as dit. Jesus sê het hy ‘n onrein, bose hart!

Ken jy iemand by die kerk wat soms na jou toe kom en fluister, “Het jy gehoor wat ek gehoor het?...” Maak ‘n nota daarvan: Dit maak nie saak hoe vroom daardie mens voorkom nie, maak nie saak hoeveel sy mag bid of God in die kerk prys nie, daar is iets boos in haar hart – iets verkeerd wat nie mee afgereken is deur die Heilige Gees nie!

Jesus maak hierdie saak baie ernstig: “...Want uit die oorvloed van die hart praat die mond. Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mense bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn” (Mattéüs 12:34-35).

Jesus sê, “As jy onbedagsaam is met jou tong – twis, kla, murmureer, skinder – het jy ‘n ernstige hartprobleem! Jou hart is nie reg met God nie, en dit gaan baie diep. Daar is ‘n bose skat in jou gebêre, net soos ‘n slang sakkies gif agter sy kakebeen gestoor het. As dodelike gif uit jou kom, it dit omdat die sakkie nie heeltemal leeggemaak is nie!”

Geen bedienaar, geen Christenwerker is onthef van hierdie waarskuwing van die Here nie! Aan almal van ons sê Jesus, “Kyk na jou hart – vind uit waarom jy onversigtig en onbedagsaam praat!” “’n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?” (Jakobus 3:11).

Wanneer ek toelaat dat ‘n skinderstorie by my lippe uitkom, moet ek stop en vir die Here sê, “Meester, daar moet steeds in my hart ‘n wortel van jaloesie of afguns wees. Hoe anders kon ek dit so ligtelik opneem om my broer of suster te oordeel? Dit moet wees dat daar nog baie reinigende, baie Heilige Gees afrekening in my oor is om te doen! O Vader, delf diep in my hart in en ruk uit die wortels van bitterheid, hebsug, trots – wat dit ook al is!”

Onlangs het een van ons personeellede toevallig ‘n jong bekeerling gehoor waar hy probeer het om die owerspel van ‘n broer in Christus te verskoon. Hierdie nuwe Christen het gesê, “Geen probleem – die bloed van Jesus bedek al ons sondes. Hy is bedek.”

My jong vriend, jy is verkeerd! Die bloed van Jesus bedek slegs daardie sondes waarvan jy jou werklik bekeer en laat staan het. Die bloed verskoon en sien nooit sonde oor nie. Jou broer wat in owerspel leef, moet voor Jesus se voete neerval en sy sonde bely en uitroep vir die krag om die verleiding van daardie Delila saam met wie hy bly te oorwin!

En so gaan dit met die sonde van die tong! Ons kan dit nie waag om skinder, laster en twiswoorde uit te spreek – en dan saans gaan lê en ‘n ongeërgde gebed van belydenis aflê, “Here, as ek iets verkeerd gesê het vandag, vergewe my. Bedek my met die bloed” nie.

Nee! God wil by daardie kwaad in jou hart uitkom – daardie sak gif wat binne-in jou weggesteek is! Dit mag nie bedek word nie – maar blootgelê en verwyder word. God wil die oorsaak daarvan ontwortel en jou heeltemal daarvan genees. Jou probleem is, jy bid om deur die bloed bedek te word terwyl jy nooit waarlik jou daarvan bekeer het en by die wortel van die kwaad uitgekom het nie!

3. Op die oordeelsdag, sal ons moet rekenskap gee van elke onbedagsame, ydele woord wat ons ooit gespreek het!

“Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag. Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word” (Matthéüs 12:36-37).

Ons dink blykbaar ons woorde val bloot op die grond en sterf, of verdamp in die lug en verdwyn in die niet. Dit is nie so nie! Ons woorde leef voort – dit sterf nie!

Jy mag sê, “Maar ek het net hierdie een skinderpraatjie aan ‘n vriend vertel, en hy het beloof om dit nooit te herhaal nie. Dit sal by hom eindig.” Nee, dit sal nie! Elke woord wat ek en jy uiter, word opgeneem, neergeskryf in die ewigheid – en sal dit alles vir ons verbatim herhaal word by die oordeel. Daardie woorde sal ons veroordeel, tensy ons dit bely, laat staan [sic], en dit by die bose wortels uittrek wat veroorsaak het dat ons dit uiter!

Jy vra, “Kan ek nie net een oorkoepelende gebed bid en sê, ‘Jesus, vergewe my. Wis dit alles uit!” nie? Nee – nie as jy weier om af te reken met die wortel van jou sonde nie!

Ek onthou waar ek onder diep oortuiging van sonde gekom het ‘n tyd gelede, nadat ek ‘n venynige skinderstorie met ‘n vriend gedeel het. Wat ek gesê het, was inderdaad waar – dit was oor ‘n sedelike situasie waarmee ek moes deel betreffende ‘n sekere bedienaar. Sy naam het in die gesprek opgekom, en ek het gesê, “Moenie hom vertrou nie. Ek weet iets van hom!”

Terwyl ek dit gesê het, het ek veroordeeld gevoel. Die Heilige Gees het aan my gefluister, “Stop net daar! Niemand hoef dit te weet nie. Moenie meer sê nie, omdat daar geen doel in is nie – dit is net skinder. Selfs al is dit waar, moenie dit herhaal nie – omdat dit hierdie man se karakter kan skade doen!”

Wat ek reeds gesê het, was erg genoeg. Maar toe het ek die liederlike besonderhede uitgeblaker! Ek het geweet ek moes stilgebly het. En, was verseker ek diep veroordeel deur die Gees. Daarom het ek later my vriend geskakel en gesê, “Ek is jammer – dit was skinder. Ek was verkeerd. Moet dit asseblief nie herhaal nie. Moenie eers daaraan dink nie.”

My vriend het my verseker die saak was dood. “Ek ken die man nie,” het hy gesê. “En ek herhaal nooit sulke dinge nie.” Dit het aanvanklik my gees tevrede gestel. Maar die Gees se veroordeling het my steeds gepla. Waarom? Waarom kon ek dit nie laat gaan nie? Omdat, wanneer jy iets in iemand anders se gedagtes plant, kan jy dit nie uitruk nie! Selfs as dit nooit herhaal word nie. Dit sterf nie daar nie!

Die gevoel wat my aanhou pla het, was: “Waarom het ek dit gedoen? God, het ek iets teen hom? Het ek my heimlik verlustig in sy val? Waarom was ek nie meer geïnteresseerd in sy herstel nie? Watter soort hart het ek? Here, vergewe my. Maar genees my ook hiervan. Ek wil nie voor U staan op die Oordeelsdag met enige onopgeloste kwaad in my nie!”

Is my sonde bedek deur die bloed van Jesus? Ja – omdat ek ten volle erken het dat ek gruwelik gesondig het. En ek het toegelaat dat die Heilige Gees vir my die wettiese trotsheid wat in my oor was wys. Ek het Hom toegelaat om my nederig te maak en te genees? Wanneer ek nou iets teen iemand begin sê, gehoorsaam ek die Heilige Gees as ek Hom hard en duidelik hoor sê, “Stop!”

Jesus se waarskuwing het die vrees van God in my laat ontwaak: “Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word” (Matthéüs 12:37). Uit ons woorde! Jesus het nie gesê ons sal uit ons begeertes or dwelms of alkohol veroordeel word nie; dit is lelike sondes, en ja, daar sal oordeel daaruit kom. Maar, liewer, Jesus het vir ons gesê, “Jy gaan geoordeel word uit jou woorde – uit wat jy gesê het!”

Ek vra jou – is jy een wat met jou tong seën, maar ook vloek? “Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense  wat na die gelykenis van God gemaak is. Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie” (Matthéüs 3:9-10).

Die Griekse woord hier vir vloek beteken “om af te breek, om een neer te werp, as boos aan die kaak stel.” En inderdaad, so dikwels kom daar uit ons monde lof aan God, aanbidding en seën aan Hom – maar ook bose geskinder wat die reputasie van Sy dienaars afbreek. Sulke los praatjies breek die liggaam van Christus af! Dit staan die werk van God teë!

Jy kan iemand se reputasie skade doen sonder om ‘n woord te sê – bloot deur negatiewe gesigsuitdrukkings te maak. Op een geleentheid was ek gevra oor ‘n sekere individu met wie ek moes deel oor ‘n aantal probleme. Toe ek oor die persoon gevra is, het ek nie ‘n woord gesê nie – ek het net my neus opgetrek en my kop geskud. Die persoon wat gevra het, het vir my gesê, “Wel, jy het nie ‘n woord gesê nie, maar jy het vir my alles gesê wat ek moes weet.” Ek het negatiewe gedagtes in daardie persoon se verstand geplant! Dit het ook te doen met ‘n onbedwingbare tong.

Sommige gelowiges is baie versigtig om nie hulle gedagtes uit te spreek nie; hulle is nie onbedagsaam met hulle woorde nie. Maar die goeie dinge wat baie Christene sê, is skynheilig – omdat hulle gedagtes vol boosheid is! “...met hul mond seën hulle, maar met hul binneste vloek hulle” (Psalm 62:5)

Hierdie mense neem jou hand, glimlag hartlik, en sê mooi dinge vir jou, soos, “Hoe gaan dit? Dit is goed om jou te sien. Jy lyk so goed!” Maar as hulle omdraai, mompel hulle aan iemand daar naby, “Wat ‘n skynheilige! Sy lyk soos die dood. Het jy nie gesien hoeveel gewig sy opgetel het nie? Haar oë lyk verskriklik!” “...hulle maak hul tong glad” (Psalm 5:10).

Geen Christen behoort hierdie gesindheid te hê nie. Wees verseker, daar is wortels van bitterheid en rebellie in daardie persoon – iets verskrikliks is verkeerd in haar hart! ‘n Ware gelowige wat naby die Here wandel, sou nie eens aan daardie soort optrede dink nie.

Jy sê, “Wag ‘n bietjie, pastoor. Eers sê jy vir my hoe ernstig dit is om ‘n los tong te hê. Maar nou sê jy vir my ek gaan geoordeel word deur my blote gedagtes oor mense?”

Absoluut – ja!

“Want soos hy in sy siel bereken, so is hy...” (Spreuke 23:7). “(Liefde)...reken die kwaad nie toe nie” (1 Korinthiërs 13:5). Wys vir my ‘n persoon met ‘n agterdogtige geaardheid, en ek sal vir jou iemand wys met ‘n wettiese gees. Daardie persoon het ‘n hardkoppige geaardheid, miskien het hy nooit ten volle oorgegee aan Jesus nie. Hy verdink altyd ander om in dieselfde dinge te verval waarin hy self grootliks versoek word om te doen!

Miskien is die gevaarlikste persoon egter, die een wat skinderstories versprei – wat betrokke raak in gesprekke wat nie opbouend is nie, maar afbrekend – en tog glo hy hy het geen skade bedoel nie! Wanneer jy hom daaroor uitvra, kan hy selfs trane in sy oë kry en berouvol sê, “Ek is nie so nie. Ek het my kerk en my pastore lief – ek het die liggaam van Christus lief. Ja, ek mag ‘n paar goed gesê het wat opgeneem kon word as skinder of onbedagsaamheid. Maar God ken my hart. Ek het nie kwaad bedoel nie.”

So ‘n gesindheid is gevaarlik! Die Bybel sê groot vure word veroorsaak deur klein vonkies! En jou klein vonkie kan ‘n groot vuur aan die brand steek, selfs al het jy nie bedoel dat dit handuit ruk nie. “Kyk hoe ‘n groot hoop hout steek ‘n klein vuurtjie aan die brand” (Jakobus 3:5). Jy kan onverskillig ‘n skinderstorie laat val oor iemand – en dit kan op die ou end hulle karakter, gees en hele karakter beïnvloed!

Dit maak nie saak wat jou motief was nie – die skade is gedoen. Jou klein vonkie het reeds ‘n vuur aan die gang gesit, en dit woed buite beheer. Dit kan ‘n reputasie skade doen. Dit kan iemand in die skaamte, skande en hartseer  bring. En maak nie saak wat jou motief was om dit oor te vertel nie – jy is die vuurvliegie! Dit was jou onbedwingbare tong wat dit alles begin het!

Hoe kan jy beheer neem oor die dooie wapen van jou tong?

4. Jy kan nie jou eie tong tem nie – God moet dit doen!

“Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is ‘n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif” (Jakobus 3:8).

Hoe verwag God van ons om ons tong te tem wanneer Sy Woord sê geen mens kan dit doen nie? Jesus het vir ons die antwoord gegee: “Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik” (Matthéüs 19:26). Net soos ‘n wilde perd nie homself kan tem nie, net so kan jy ook nie self jou tong tem nie. Wilde perde word getem deur ervare temmers wat hulle “inbreek.” En die Heilige Gees is ons temmer. Slegs Hy kan ons onbedwingbare, wilde tonge tem!

Die profeet Jesaja verskaf vir ons ‘n voorbeeld van hoe ons ons tong kan genees:

1. Jesaja het die Here genader en hy het gebid om ‘n visioen van God se heiligheid. Hy het gesê, “...ek [het] die HERE sien sit op ‘n hoë en verhewe troon...” (Jesaja 6:1).

Iemand wat wil leef om die Here te behaag, moet voortdurend in Sy teenwoordigheid ingaan totdat hy ‘n visie van God se heiligheid kry. Alle genesing, alle ware seën, alle oorwinnings begin by Sy troon. Dit is waar ons God in Sy heiligheid sien!

2. In God se heilige teenwoordigheid was Jesaja diep oortuig van sy onrein lippe. “Toe het ek gesê: Wee my, ek is verlore! Want ek is ‘n man onrein van lippe en woon onder ‘n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, die HERE van die leërskare gesien!” (Jesaja 6:5).

Waarom het Jesaja uitgeroep, ek is ‘n man van onrein lippe”? Dit was omdat hy die Koning van die Hemel gesien het! “Ek het Hom in my gedagtes gesien – ek het die heerlikheid van Sy heiligheid gesien! En ek weet Hy sal sonde nie verdra nie!” Ons sonde word uitermate sondig waneer ons in God se teenwoordigheid is. Die lig van Sy heilige aangesig ontbloot alles wat nie soos Hy is nie!

3. Jesaja het die Here toegelaat om hom aan te raak en te reinig met Sy heilige vuur. “Maar een van die serafs het na my toe gevlieg met ‘n gloeiende kool in sy hand, wat hy met ‘n tang van die altaar afgeneem het, en my mond daarmee aangeraak en gesê: Kyk, dit het jou lippe aangeraak, en jou skuld is weg en jou sonde versoen” (Jesaja 6:6-7).

God se Woord is ‘n lewende kool – en die Heilige Gees is sy vuur! Op hierdie oomblik is jy aangeraak deur die Heilige Gees met hierdie boodskap. En God wil Sy vuur op jou tong sit en dit heilig. Hy kan dit vir jou doen – as jy sal toelaat dat Sy Woord jou van sonde oortuig! Hy is die enigste Een wat dit kan doen. Jou deel is eenvoudig om dit te bely soos Jesaja het, “Weë my, ek is onrein!”

Die geheim van oorwinning oor dwelms, alkohol of ‘n onbeheerste tong, is nabyheid aan Jesus – intimiteit met Hom – Hom ken! Om Sy teenwoordigheid te nader sal openbaar wat in jou hart is. Talle Christene gaan voort om te skinder en te laster omdat hulle nooit werklik naby aan Christus gekom het nie. Hulle was nog nooit intiem genoeg om te sien hoe onregeerbaar hulle tong is nie!

Laat ons reguit na jou hart gaan en jou reinig met sy vuur. Bely, “Ja, dit is ek, Here! Ek sal nie dat hierdie woord by my laat verbygaan nie! Reinig my lippe, reinig my tong. Reinig my mond en my hart!”

Vra die heilige Gees om soveel oortuiging van sonde jou te plaas elke keer wanneer jy begin om iets onbedagsaam, ondenkbaar of onvriendelik sê, dat Hy ‘n vlag sal ophys en vir jou waai. Vra Hom om jou super-sensitief vir Sy stem te maak – en gehoorsaam Hom wanneer Hy praat. Hy mag jou in die middel van ‘n sin stop met Heilige Gees oortuiging, en jy sal vir die persoon met wie jy praat, sê, “Ek is jammer – God het my beveel om te stop. Kom ons laat dit daar. Vergeet dit!”

Mag slegs seëning van jou lewe kom – uit ‘n rein hart en ‘n vriendelike tong – getem deur gebed en deur die Heilige Gees!