Onophoudelike Passie om God te Soek
In hoofstuk nege van Handelinge word ons vertel dat die Heilige Gees na 'n godvresende man met die naam Ananias gekom het. Die Gees het hom opdrag gegee om 'n man met die naam van Saulus te vind, die hande op hom te lê en sy sig te herstel. Ananias het Saulus se reputasie geken. Hy het geglo dat dit gevaarlik sou wees, maar die volgende is hoe die Heilige Gees Saulus by Ananias aanbeveel het: "Want kyk, hy bid" (Handelinge 9:11, AFR53).