Moed om die Vyand in die Oë te Kyk
Jesus het eenkeer gesê, “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê” (Johannes 10:10).
Ek en jy kyk ook vandag ‘n dief in die oë – een wat gekom het om ons toekoms, ons families, ons blydskap, ons hoop en ons effektiwiteit op die aarde te steel. Jesus herinner ons egter dat Hy vir ons ‘n weg gemaak het om ‘n oorvloedige lewe te hê. En daarom moet ons verstaan dat ons die mag het om die vyand agter te laat.