SY TEENWOORDIGHEID IN ‘N DONKER WÊRELD

Gary Wilkerson

“Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom” (2 Timótheüs 3:1).

Paulus sê dit nie om ons bang te maak nie. Hy skryf dit toe aan die sonde van die menslike hart:

“Want die mense sal liefhebbers van hullself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God, mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af” (2 Timótheüs 3:2-5).

Dit is nogal ‘n lang lys van sondes. Paulus praat egter nie net met die wêreld nie, maar ook met ons Christene: “mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het.”

Wanneer hy sê, mense sal liefhebbers wees van hulleself, het hy die situasie in talle kerke vandag heel akkuraat beskryf. Terwyl kwaad toeneem, verhoog hierdie kerke hulle strewe na selfbevordering, voordeel en gemak. God sê nooit vir ons om die ongereddes te vermy nie; hulle is ons primêre sending. So, wanneer Hy sê, “Keer jou van hierdie mense af,” verwys Hy na mede-Christene wat God se gesag in hulle lewens verloën. Hy bevestig dit in werklikheid deur te sê, “Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie? Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit” (1 Korinthiërs 5:12-13). As God se kinders, watter duideliker oproep is daar tot bekering om te hoor?

Satan sal aanhou om dood voort te spu. En slegs een ding kan hierdie hel op aarde teëstaan: ‘n kerk wat in staat is om op te staan en sy Woord met moed en integriteit te verkondig. Sonder ‘n heilige teenwoordigheid in hierdie duister wêreld, sal die wêreld nooit ‘n alternatief ken nie.