IN SY TEENWOORDIGHEID

David Wilkerson

Soos wat jy gedurig deur die Woord oordink en gemeenskap met Hom het deur gebed en lofprysing, sal jy meer en meer soos Jesus word. En as jy sien hoe liefdevol en genadig Hy teenoor jou is, dan sal jy Hom meer en meer vertrou om jou deur jou moeilike tye te dra. Sy Woord maak dit duidelik: “Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou” (2 Kronieke 16:9).

Soek Hom met jou hele hart en begeer Sy teenwoordigheid in jou daaglikse lewe. Dan sal jy sy ontsaglike glorie ken en beleef.

Ek weet nie hoe ongelowiges enige vrede in hierdie moeilike tye kan hê sonder die teenwoordigheid en die versekering van Jesus in hulle lewens nie. Vrees en angs hang oor die mensdom soos ‘n swart wolk.

Tydens ‘n onlangse byeenkoms van sommige van die rykste mense ter wȇreld, het een van die sprekers in ‘n ontstellende toon gesȇ, “Ons is almal in die grootste moontlike gemors. Ons het dit oor ons self gebring, en ons weet nie hoe om daar uit te kom nie.”

Ek dank God vir die nabyheid van Jesus in hierdie verskriklike uur. Ek neem al my angsvolle vrese en sorge na ‘n stil plek van gebed, waar ek Jesus net eenvoudig liefhet. Daar aanbid ek Hom stil, dank Hom en lȇ al my sorge, pyn, vrese en familie probleme voor Hom neer. Daagliks sing ek die Ou Evangelieliedjie:

Saam met God alleen in die verborgenheid
Aanskou ek Hom, daar in Sy teenwoordigheid
Kry ek nuwe krag vir hardloop in die stryd
Ek smag om alleen te wees met God.

Geliefde, Jesus gaan saam met jou deur jou probleme stap. Hy verbly Hom oor jou. Jy gaan dit maak, geliefde oorwinnaar.