SY BELOFTE IS NET VOOR DIE DEUR

David Wilkerson

“Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het” (Hebreërs 10:36).

Die skrywer van Hebreërs het ‘n vermoeienis en ongeduld wat by hierdie gelowiges ingesluip het, bespeur. Hy wou hierdie vermoeienis aanspreek, deur Satan se mees effektiewe wapen teen diegene, wat moeg word om goed te doen te identifiseer: ongeduld met God.

Dit werk so. Na ‘n lang tydperk van verdrukking, plant die duiwel die volgende gedagte, “God weet dat jy Hom vertrou en dat jy getrou was tot nou toe. Jy sou nooit sy gewilligheid en vermoë om jou te help in twyfel trek nie. So, waar is Hy ná al hierdie tyd? Waarom help Hy jou nie? Is dít hoe Hy reageer op sy dienaars se getrouheid?”

Satan gebruik presies hierdie soort strategie teen baie dierbare heiliges, deur ongeduld met God in te plant. Hy sê vir jou, dat die Here nie jou behoeftes gaan aanspreek nie – dat jy as ‘n tweede-klas Christen sal leef, terneergedruk en op jou eie vir die res van jou lewe.

Jy mag dalk Satan se beskuldigende stem hoor, “Jy gaan jou werk verloor. Jy gaan jou huis verloor. Al jou gebede en vertroue sal pure verniet wees. Dit is duidelik dat jy ‘n mislukking in die geloof is. Die tyd het aangebreek vir jou om moed te verloor en terug te gaan.”

Dink aan wat die skrywer van Hebreërs vir hierdie lydende heiliges sê. Wat ‘n boodskap om te lewer aan mense wat diep in die moeilikheid vasgeval is! Hulle het hulle eiendomme en besittings verloor en hulle het lank ‘n groot stryd verduur. En nou word vir hulle deur iemand met gesag gesê, “Jy het te min geduld. Glo net en wag. Die belofte is oppad.”

Ja, dit is moeilik om geduldig te wees , maar vertrou die Here en moenie deur Satan mislei word nie. Weet dat Sy belofte net voor die deur is en dat Hy jou nie verlaat het nie.