STERKER EN STERKER WORD

David Wilkerson

Dawid leer ons, “Die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders! U verberg hulle in die skuilplek van u aangesig” (Psalm 31:20-21). Dit is tyd om onsself saam met Hom af te sonder en ons harte daagliks voor Hom uit te stort.

Wanneer die drif van die storm toeslaan, sal elkeen van ons ons eie voorsiening van krag nodig hê. Wanneer ons in die middel van die storm is, sal nie een van ons dit kan maak op die krag van iemand anders nie. Ons sal nie in staat wees om krag van ons maat, ons herder, ons vriend of selfs van ‘n ware profeet van God te kry nie.

Ons sien dit uitgebeeld in Jesus se gelykenis van die dwase maagde. Toe die maagde probeer het om olie van hulle wyse eweknieë te leen, was vir hulle gesê, “Gaan koop olie vir julleself. Ons het nie genoeg vir beide ons en julle ook nie.” (sien Matthéüs 25:9).

Hoor jy wat Jesus in hierdie gelykenis sê? Hy waarsku al sy kinders: “Niemand anders het genoeg geloof om jou te dra nie. Jy moet jou eie voorsiening van geloof en vertroue in My hê.”

Liewe heilige, dit is só eenvoudig: Jy het jou eie bron van krag nodig. Jy kan dit nie kry deur bloot boeke te lees, na preke en/of bandopnames te luister nie. En jy kan dit nie net kry deur betrokke te wees by gemeenskaplike aanbidding of deur goeie werke te doen nie. Jy kry dit deur alleen saam met die Here te wees in sy teenwoordigheid.

Ek praat nou met elke Christen: Die tyd het gekom vir jou om tot Jesus te nader. Jy het Sy teenwoordigheid nodiger as ooit.

Die Psalmis sê van diegene wat voor die Here in Sion verskyn: “Hulle gaan van krag tot krag” (Psalm 84:7). Daar word vir ons gesê, “Die biddende gelowige sal nie versmag in moeilike tye nie. Hy sal sterker en sterker word omdat hy op God vertrou.”