STEEK JOU SWAARD IN DIE SKEDE

David Wilkerson

So, wil jy ‘n man of vrou van God wees? Indien wel, sal jy ‘n lydingsbeker ontvang. Jy sal ween oor iets baier erger as fisieke pyn. Ek praat van die pyn van om seergemaak en verwerp te word deur vriende; die pyn van ouers wanneer hulle kinders hulle harte vertrap en vreemdelinge vir hulle word; die pyn tussen ‘n man en vrou wanneer mure tussen hulle gebou word.

O, die onrus wat kom, die rustelose, slapelose nagte – jy weet dat God werklik is, dat jy in sy Gees wandel, dat jy Jesus liefhet met alles wat in jou binneste is, maar tog word jy gedwing om ‘n beker van lyding te drink.

Ons kan nie hierdie beker ontvlug nie. Ons kan nie bedrieg word om te dink dat om Jesus te volg net geluk inhou nie. Die Skrif sê wel dat ons dit alles “louter vreugde moet ag” (Jakobus 1:2). Maar dit sê ook, “Menigvuldig is die teëspoed van die regverdiges” (Psalm 34:20).

Petrus het beproewing met sy vlees probeer verdryf. Hy het sy swaard by Getsémané geswaai en het in wese vir Jesus gesê, “Meester, U hoef nie deur al hierdie dinge te gaan nie. Ek sal hulle weghou terwyl U ontsnap.” Baie Christene het vandag dieselfde gesindheid. Hulle probeer beproewings ontwyk deur te sê, “Ek hoef nie hierdeur te gaan nie. My God is ‘n goeie God!”

Ek glo dat God getrou is. Maar Jesus sê vir ons dat ons nie ons beker van lyding kan ontvlug nie. Hy het Petrus beveel, “Steek jou swaard in die skede. Dit is nie hoe my Vader dit doen nie. Lewe deur die swaard en jy sal daardeur sterf.” Toe het Hy verklaar, “Die beker wat die Vader My gegee het, sal Ek dit dan nie drink nie?” (Johannes 18:11).

Wanneer jy die Een wat jou hierdie beker gee om te drink, vertrou – wanneer jy sy doel agter jou lyding sien – dan kan jy dit drink. Moenie bang wees nie, want jou Vader hou die beker vas. Jy drink nie dood nie, maar lewe!