STAAR JY IN ‘N REUS IN DIE GESIG?

David Wilkerson (1931-2011)

Dit is maklik om die wonderwerke wat God in ons verlede gedoen het as vanselfsprekend te aanvaar. Maar die Bybel herinner ons om ons verlossings te onthou. Moses se vermaning aan Israel ná die wonderwerk van die Rooi See was, “Dink aan hierdie dag waarop julle uit Egipte, uit die slawehuis, uitgegaan het” (Exodus 13:3).

Die Here het in wese vir hulle gesê, “Waak oor hierdie herinneringe en elke keer wanneer jy ‘n krisis beleef, onthou al die wonderwerke wat Ek vir jou gedoen het. En maak seker om dit vir jou kinders te vertel sodat dit jou geloof en die geloof van geslagte na jou kan bou.”

Die herinnering van vorige verlossings help om ons geloof te versterk vir wat ons deurgaan op die huidige oomblik. Toe Dawid vrywillig aangebied het om te gaan veg teen die reus Goliat, het Koning Saul vir hom gesê, “Jy kan nie na hierdie Filistyn gaan om teen hom te veg nie, want jy is ’n seun, en hy is ’n krygsman van sy jeug af” (1 Samuel 17:33). Maar Dawid het die herinneringe gehad van ‘n leeu en ‘n beer doodmaak met sy kaal hande toe hy sy skape opgepas het. Hy het Saul hiervan vertel en hom gerus gestel, “U dienaar het die leeu sowel as die beer doodgeslaan, en met hierdie onbesnede Filistyn sal dit gaan net soos met een van hulle, omdat hy die slagordes van die lewende God uitgedaag het” (17:36).

Dawid het die gevaar geken van teen Goliat veg, maar hy was nie ‘n groentjie, ‘n naïewe kind vol bravade wat soek na ‘n geveg nie. Nee, hy het bloot sy vorige verlossings onthou en hy was seker van oorwinning. Hy het sy vyand vierkantig in die oë gekyk en gesê, “Die HERE wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn” (17:37).

Is daar ‘n reus in jou lewe wat jy in die gesig staar? Onthou daardie keer toe God jou liggaam genees het en jou laat opstaan het? Onthou jy die keer toe Hy die finansies voorsien het wat jy nodig gehad het om deur te kom? Moenie sidder van vrees nie, maar dink aan sy getrouheid en vertrou Hom om jou weer ‘n keer te verlos.