STAAN STIL EN SIEN

David Wilkerson

Laat daar geen misverstand wees nie: Ons God is ‘n teer, liefdevolle Vader. Daar is ‘n tyd om te ween en uiting te gee aan ons vrese. En tans is baie in die liggaam van Christus oorweldig deur vrese vir die toekoms, vrese oor hoe hulle dit gaan maak.

As ‘n herder vir baie jare lank, neem ek hierdie saak nie ligtelik op nie. Ek het al dikwels gebid, “Here, vereis U dat U kinders juig wanneer hulle werkloos is en hulle huise verloor? Hulle is wanhoping omdat hulle ly. Hulle voel nie na sing nie. Kan U hulle nie ‘n bietjie skiet gee nie?”

Dwarsdeur die evangelies sien ons hoe die Here die dissipels bestraf vir hulle ongeloof en sê, “Waar is julle geloof?” (Lukas 8:25). Dit is ‘n toneel wat ons oor en oor sien afspeel. En in die Ou Testament, terug by die Rooi See, toe die kinders van Israel hulle leier bevraagteken het, glo ek dat die Here nie vir Moses bestraf het toe Hy vir hom gesê het, “Waarom roep jy na My?” (sien Exodus 14:15) nie. Inteendeel, God was nie ingenome met die volk se beledigings nie. Hulle het gesinspeel dat Hy sou toelaat dat hulle kinders deur die vyand verwoes sou word. En Hy het beledig gevoel oor hulle beskuldigings.

Wanneer ons swaarkry en ly, móét ons natuurlik tot die Here uitroep. Wanneer ons beangs is oor ons situasie, móét ons bid, “Here, help!” Ons móét al ons harsteer en teleurstellings na Hom bring, want Hy begeer om ons te verhoor. Dan, nadat ons ons harte voor Hom uitgestort het, wil Hy hê dat ons in geloof moet opstaan, ons probleem aanspreek en verklaar, “Ek kan niks op my eie doen nie. God is my sterkte. Ek gaan stilstaan en die verlossing van die Here sien” (sien Exodus 14:13).