STAAN OP EN LOOP

David Wilkerson

Toe Petrus en Johannes na die tempel toe geloop het, het hulle ‘n bedelaar teëgekom wat van geboorte af kreupel was. Petrus en Johannes het waarskynlik al baie keer verby hierdie man geloop, maar hierdie keer het hulle gestop. Die menigtes op die markplein het gehoor Petrus sê vir die bedelaar, “Kyk na ons. . . .In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop” (Handelinge 3:4,6).

Petrus het die Here aangeroep om op te tree, met God se eie eer op die spel. Die mense in die skares moes vir mekaar gesê het, “Wat ‘n dwase prediker. Hy vra ‘n man wat sy hele lewe lank kreupel was om op te staan en te loop.” Ek glo daardie mense was reg vir om Petrus en Johannes uit te lag.

SPRING EN DANS

Toe het die kreupel man ‘n vreemde sensasie in sy voete begin voel. Daarna het die gevoel boontoe beweeg na sy kuite en sy dye. Hy het homself opgetel om te hurk en stadig het hy homself regop gestoot en gestaan. En toe, tot die skare se verbasing, het die man begin spring en dans.

Ek vra vir jou: Wat as God nie opgetree het nie? Dit was nooit Petrus se bekommernis nie, hy het met blydskap sy God daaraan verbind om op te tree. Die Here sal nooit dié wat op Hom vertrou beskaam nie!

Vandag is ons ook geroep om God se eer, heerlikheid en reputasie op die spel te plaas.

GOD SE PLANNE OORLEEF

Dink oor die Bybelse episodes waarvan ons in Handelinge lees. In ieder en elk was alles waarvoor Christus aarde toe gekom het en gesterf het, op die spel. Dwarsdeur die Ou en Nuwe Testamente, het God se plan, doel en mense egter oorleef. En in elke geval, het God sy kinders nie net geroep om Hom te vertrou nie, maar Hom te glo vir wonderwerke.

Sê vir my, sou die Here enigsins iets minder van ons geslag vra?