STAAN OP IN EENHEID

Nicky Cruz

Wat as die Liggaam van Christus as ‘n geheel kan saamkom in eenheid, ons verskille opsy kon skuif, ons maatskaplike en leerstellige dispute wegpak en op een spesifieke doel fokus – om die verlorenes te bereik? Wat as ons die Heilige Gees aanroep om wonde te genees en vergifnis in ons harte en siele te bring, die verlede vergeet en in plaas daarvan op die toekoms fokus? Watter soort geestelike herlewing sou die wêreld beleef wanneer hulle ons saam sien staan voor hulle in ‘n verenigde front?

Dit is die soort liefde en eenheid waarvoor Jesus gebid het net voor Hy na die kruis gegaan het: “Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo – dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het . . . sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het” (Johannes 17:20-23).

Jesus het gebid vir eenheid onder Sy volgelinge omdat Hy geweet het dat daarsonder, ons hulpeloos te midde van ‘n bose en vyandiggesinde wêreld sou wees. Dit is slegs deur ‘n verenigde gees, deur saam te staan as een teen die aanvalle van die Bose, dat ons in staat is om God se boodskap van liefde en hoop effektief te bring na ‘n wêreld diep in sonde. Ons kan nie vrede en liefde bied aan ‘n chaotiese kultuur as ons dit nie binne ons eie geledere het nie.

Ek verlang om die dag te sien wanneer Christene oral sal “opstaan in eenheid” en elke persoon op hierdie planeet vra om hulle knieë te buig voor ons barmhartige Saligmaker. Dit sou ‘n dag wees wat die mensdom nooit sou vergeet nie – die dag waarop Jesus se volgelinge saamgekom het met een hart, een siel, een Gees, en een doel: om een heilige vuur op die aarde los te laat.

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run.