SONDES WAT GOD GEKIES HET OM TE VERGEET

Nicky Cruz

Satan lewe in die verlede. Hy is die prins van wat eens was, die koning van berou en skuldgevoelens. Hy lewe om ons daar te hou, om ons te herinner aan wat ons gedoen het en hoe verskriklik ons was. Sy verstand word oorheers deur gedagtes van vorige oorwinnings; van die tye wat hy veroorsaak het dat ons gesondig, gestruikel en vir sy leuens geval het. Omdat hy in sy hart weet dat die verlede al is wat hy het.

Wanneer verlossing kom, is Satan se houvas verby en sy enigste hoop is om ons te laat dink ons is steeds gevangenes. Hy kan nie meer ons siele besit nie, maar hy kan ons ellendig en oneffektief maak as God se kinders.

Moenie dat hy dit doen nie. Moenie dat hy jou gedagtes vul met twyfel en verwarring, met gedagtes van vorige sondes nie – sondes wat God gekies het om te vergeet. Sondes wat ons moet vergeet voor ons werlik vorentoe kan beweeg.

Dit is nie genoeg dat ons Jesus aanvaar en vir sy vergifnis vra nie; ons moet ook verwerp wie ons eens was en die nuwe dag – die dag van ons verlossing – volkome omhels. Die dag van ‘n nuutgemaakte hart, verstand en siel.

Dit is belangrik om op te let dat daar ‘n groot verskil is tussen die massas wat Christus volg en daardie paar volgelinge wat elke dag lewe met ‘n brandende passie vir Jesus! Hulle doen meer as om verlossing te aanvaar; hulle het heeltemal ‘n nuwe toekoms omhels. Hulle het gekies om hulleself te vergewe en kyk vorentoe.

“Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. Maar een ding: ek vergeet wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus” (Filippense 3:13-14).

Moenie dat Satan jou gedagtes vul met twyfel en verwarring, met gedagtes van vorige sondes nie – sondes wat God gekies het om te vergeet. Hy gee vir jou ‘n nuwe hart, een wat geen verlede het nie, slegs ‘n helder en heerlike toekoms.

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run.