Sonder Vlek of Rimpel

David Wilkerson (1931-2011)

Christus se kerk was nog nooit heeltemal goedgekeur of aanvaar deur die wêreld nie, en dit sal nooit nie. As jy vir Jesus lewe, sal dit nie nodig wees om jouself van wêreldse geselskap af te skei nie; hulle sal dit vir jou doen. Al wat jy hoef te doen, is om vir Hom te lewe. Skielik sal jy vind jy word verwyt, verwerp en boos genoem: “Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens” (Lukas 6:22, AFR53).

Jesus voeg egter by dat dit die pad na ware vervulling is. “Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind” (Matthéüs 16:25). Met ander woorde, “Die enigste manier waarop jy betekenis in die lewe sal vind, is om jou alles vir My te gee. Dan sal jy ware blydskap, vrede en tevredenheid vind.” Christus sê in wese vir ons: “My kerk is sonder vlek of rimpel. Wanneer jy na My toe kom, dan moet jy gewillig wees om alle sondes neer te lê. Jy moet alles aan My onderwerp en volkome aan jouself, goddelose ambisie en ego sterf. Deur geloof, sal jy saam met My begrawe wees, en Ek sal jou in ‘n nuwe lewe opwek.”

Dink aan wat dit beteken om sonder vlek of rimpel te wees. Ons weet wat ‘n vlek of smet verteenwoordig, maar wat van ‘n rimpel? Het jy al ooit die frase “’n nuwe rimpel” gehoor? Dit beteken om ‘n nuwe idee aan ‘n bestaande konsep te heg. ‘n Rimpel, in daardie sin, is van toepassing op diegene wat probeer om die evangelie te verbeter. Dit stel ‘n maklike manier voor om in die hemel te kom sonder volkome onderwerping aan Christus.

Dit is die soort evangelie wat in talle kerke verkondig word vandag. Die preke is slegs gemik op mense se behoeftes. As ek Jesus se woorde lees, sien ek dat hierdie soort prediking nie sal werk nie. Dit verrig nie die ware werk van die evangelie nie.

Moenie my verkeerd verstaan nie; ek is nie teen die verkondiging van troos en krag vir God se kinders nie. As ‘n herder van die Here, is ek geroep om presies dit te doen te alle tye. As ek egter slegs preek om mense se behoeftes aan te spreek en Christus se oproep om op te offer en ons lewens neer te lê, dan sal ware behoeftes nooit aangespreek word nie. Jesus se woorde is duidelik: Ons behoeftes word aangespreek deur te sterf vir onsself en sy kruis op te neem.