SONDER SKULD OF SKANDE

Gary Wilkerson

Die Ou Testament bestaan uit ‘n reeks reëls, “As jy dit of dat doen, sal God vir jou lewe gee, maar as jy nie, sal jy God se seën misloop.” Natuurlik het die volk nooit aan God se standaard voldoen nie, omdat sy wet heilig was en die gevolg was dat hulle lewens geteister was met skuld en wanhoop. Toe God vir ons sy Nuwe Testament gegee het, het Hy egter nie ‘n nuwe stelsel met ‘n nuwe stel reëls opgestel nie. In plaas daarvan, het Hy vir ons ‘n persoon gestuur.

God se Ou Verbond hoef nie op enige wyse te verander het nie, want Jesus self het as die verbond gekom – die seën van genade! As die beliggaming van die Nuwe Verbond, het Hy vir ons ons totale onvermoë gewys om God se wet te onderhou; trouens, Sy eerste daad van bediening op die aarde, was om God se wet selfs nog moeiliker vir ons te maak. Hy het dit gedoen om vir ons te wys dat ons dit nooit sou kon onderhou sonder sy genade en krag nie.

In wat algemeen bekend is as die Bergpredikasie, het Jesus gepraat oor die gebod om nie moord te pleeg nie: “Elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, [sal] verantwoording moet doen” (Matthéüs 5:22). Hy het dieselfde met owerspel gedoen: “Elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, [het] reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg” (5:28). Maar in dieselfde preek, het Hy verduidelik hoe dit is om as sy volgelinge te wandel en ‘n lewe van seën en oorwinning te leef.

Onder die Nuwe Verbond, was God se wet nie langer ‘n uiterlike standaard om na te strewe nie. In plaas daarvan, sou sy wet in ons harte geskrywe word deur die Heilige Gees: “Omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is” (Romeine 5:5). Ons word gevul met die Heilige Gees – die lewe van God self – en weens sy groot gawe, word ons in staat gestel om vir Hom te lewe sonder skuld of skande.