SONDER KRAG

Nicky Cruz

Ek hou daarvan om na die geboue van Manhattan te kyk, veral in die nag wanneer al die ligte aan is. Dit is ‘n wonderlike gesig om al daardie geboue vol te sien met mense, aktiwiteite, en idee’s aan die werk, en om te weet dat dit wat daar te voorskyn kom, nie net New York Stad sal beïnvloed nie, maar die hele wêreld. Ten spyte van hoe invloedryk New York Stad en sy mense kan wees, as jy egter die elektriese krag sou verwyder – wat soms gebeur tydens ‘n kragonderbreking – word alles stopgesit. Die geboue word nutteloos, die aktiwiteit stop, en die idee’s sterf in die donker. Sonder krag, word al daardie potensiaal vermors.

Dieselfde is waar vir ons as gelowiges. As ons nie toegang tot geestelike krag het nie, hoe kan ons vermag wat nodig is om te doen? Krag om sonde te oorwin. Krag om geestelike vyande wat ons aanval te oorwin. Krag om swaarkry en verdrukking te deurstaan. Krag om te praat. Krag om te bid. Krag om te getuig. Is meer geestelike krag nie waarskynlik die grootste behoefte wat ons vandag nodig het nie?

Dit is interessant dat die opgestane Christus se laaste woorde voor Hy opgevaar het, geestelik krag behels het. “En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte” (Lukas 24:49). Dit was asof Jesus afgekyk het deur die gange van die tyd en geweet het dat selfs om die regte evangelie boodskap te hê, nie genoeg sou wees nie. Ons sou so soveel sataniese vestings beleef, dat ons nooit die wêreld effektief sou kon evangeliseer sonder die krag wat net die Gees kan skenk nie.

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.