SOEK NA GOD SE LEIDING

Nicky Cruz

Ek was net twee-en-twintig toe God in my hart sy wil vir my meegedeel het om ‘n evangelis te word. Hy het my beveel om my verlede en my getuienis te gebruik om sondaars te trek om tot saligheid te kom en sedert daardie tyd, het ek getrou gebly aan daardie roeping. Soms het ek moeg geword om my storie te vertel en ek het gewens God kon my gebruik vir ‘n ander doel. Dit is moeilik om die herinneringe oor en oor te herleef.

Ek het al dikwels gedink, “Watter skade sou ek doen as ek bloot ‘n ander koers van bediening inslaan? Miskien kan ek ‘n kerk lei of ‘n seminaar saamstel oor huweliks- en familiesake – iets wat my sou toelaat om meer van my gawes en talente te gebruik. Of miskien kan ek in besigheid ingaan!”

Maar dan onthou ek my roeping en daardie gedagtes verdwyn vinnig. Daar is niks verkeerd met enige van daardie beroepe nie; dit is net nie wat God vir my lewe bedoel het nie. Ek is ‘n evangelis, ‘n ambassadeur van God se genade en vergifnis. Ek vertel vir mense van Jesus en lei hulle tot saligheid voor sy troon. Dit is my doel voor God, sowel as my geestelike gawe. Toe God vir my hierdie roeping gegee het, het Hy my nie net die vermoë gegee om dit uit te voer nie, maar Hy het vir my ‘n deernis vir die verlorenes gegee. Hy het vir my oë gegee om duidelik die mense te sien wat vergifnis nodig het, en toe het Hy my op ‘n pad geplaas om hulle te vind. En omdat ek probeer het om getrou te bly aan daardie visie, was Hy in staat om my te gebruik tot sy eer. Gloria, my vrou, het nog altyd dieselfde roeping op haar lewe gevoel.

Jy mag dalk ‘n ander roeping of beroep hê. God het elkeen van ons anders geskep met verskillende talente en gawes – maar almal van ons is geroep om die verlorenes te bereik! Ons moet sy leiding en visie soek vir ons lewens en dan gefokus en verbind bly aan daardie saak.

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run.