SLEGS JESUS VERSKAF LEWE

David Wilkerson

God bedoel it as Hy sê, “Want die loon van die sonde is die dood” (Romeine 6:23).

Dwarsdeur Romeine 8, beskryf Paulus die afbrekende realiteite van sonde. Hy verklaar. “As jy volgens die vlees leef, sal jy sterf. Om begeerte gedrewe te wees, om net volgens jou gevoelens te leef, lei tot die dood. Die liggaam is dood as gevolg van sonde.”

Kortom, dood beteken om geen lewe te hê nie. En net Jesus verskaf lewe terwyl Hy verklaar, “Ek is die opstanding en die lewe” (Johannes 11:25).

Omdat ongelowiges ‘n gebrek het aan lewe, lei alles wat hulle najaag na die dood. Dit is die rede waarom baie hulle vergryp aan alkohol en dwelms. Om hoog te word is nie langer vir hulle ‘n partytjie nie, dit is eerder ‘n poging om die pyn, wat deur sonde veroorsaak word, te verdoof, ‘n pyn, wat deur ware leegheid veroorsaak word.

“Mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart; wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe” (Efésiërs 4:18-19).

Wat ‘n aaklige toestand beskryf Paulus. Hy sê, “Sulke mense is so oorgegee aan die wêreld van plesier, dat hulle nie meer kan voel nie.” Kortliks, hulle het ongevoelig geword vir enige bewustheid van God of lewe. In sy barmhartigheid, reik die Here uit na elke ongevoelige siel.

Paulus kontrasteer dit teen die toestand van diegene in Christus se liggaam: “Maar julle het Christus nie so leer ken nie, as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus: dat julle, wat die vorige lewenswandel betref, die oue mens moet aflê, wat deur begeerlikhede  van die verleiding te gronde gaan, en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed” (Efesiers 4:20-23).

Paulus maak sy boodskap eenvoudig: “Jy kan opgewek word. Jy kan verander word. Jy kan nuwe lewe ontvang.” Wat ‘n hoop!