Simson se Roeping en Opdrag

Keith Holloway

Almal ken Simson in die Boek Rigters vir sy kragtige dade, maar ek het ‘n paar dinge oor Simson raakgesien wat ons geneig is om oor te sien.

Sy hele lewe van die baarmoeder tot die graf, was om toegewyd aan Christus, aan God en sy diens te wees. Hy mag nie sy hare afgesny het nie; hy mag nie iets alkoholies gedrink het nie; hy moes geen dooie liggame aangeraak het nie. Dit was tekens van ‘n afsondering, ‘n heiligheid. Nie net was hy ‘n roeping gegee nie, maar Rigters 13:5 gee vir ons ‘n kykie na die doel van sy lewe.

“Want kyk, jy sal swanger word en ‘n seun baar, en geen skeermes mag op sy hoof kom nie; want die seun sal van die moederskoot af ‘n nasireër van God wees van die moederskoot af tot die dag van sy dood toe” (Rigters 13:5, AFR53).

Simson sou grootword en begin om God se volk uit die hande van hulle vyande te verlos. Wat ‘n wonderlike belofte! Hy was ‘n roeping en opdrag, direk van God gegee en ek dink dit is baie belangrik.

So baie van ons dink vandag: “Ek is net ‘n normale persoon met geen spesiale vaardighede of vermoëns nie. Ek moet wonder wat my doel in die lewe is.” Baie mense gaan deur die lewe sonder om te besef, dat almal wat God afgesonder het vir Homself en bestem het vir saligheid, gebore is met ‘n roeping van God op hulle lewens. 

Paulus skryf, “Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel” (Ephesians 2:10). Ons is bestem om die werk te doen waarvoor God ons op hierdie aarde geplaas het om te doen, en die belangrikheid hiervan word beklemtoon in ‘n ander een van Paulus se briewe.  “Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad” (2 Korinthiërs 5:10).

Jy het ‘n heilige roeping. Weet jy wat dit is?

As jy antwoord: “Nee, ek weet nie,” dan moedig ek jou ernstig aan om die Here te vra om dit vir jou te wys. Ons het almal ‘n roeping en opdrag soortgelyk aan Simson s’n. Dit maak nie saak wat jou ouerderdom, geslag, inkomste, opvoedingsvlak of ligging is nie. Almal van ons is opdrag gegee om lewens uit die hande van die vyand te red. Ons lewens moenie vir onsself geleef word nie!