SIMBOLE VIR DIE HEILIGE GEES

Jim Cymbala

Die Bybel het verskeie simbole vir die Heilige Gees. Een is wind, wat in die oorspronklike Grieks van die Nuwe Testament dieselfde woord is as asem. Wind help ons om die onsigbare en misterieuse beweging van die Gees te visualiseer (sien Johannes 3:8).

‘n Duif simboliseer die Gees tydens Jesus se doop. “En dadelik toe Hy opklim uit die water, sien Hy die hemele skeur en die Gees soos ‘n duif op Hom neerdaal” (Markus 1:10). Die Heilige Gees is almagtig, tog vreemd sag en sensitief in sy optrede met ons. Ons almal kan Hom te maklik bedroef.

Olie is ‘n simbool wat dikwels gebruik word vir die Heilige Gees in die Ou Testament. Die salwing van die Heilige Gees word vergelyk met die olie wat op amper alles in die tabernakel gesit is. Toe dit gebou was as ‘n plek van aanbidding, was nie net die tempelvoorwerpe gesalf met olie nie, maar ook die priesters. Later is die ouderlinge van die vroeë kerk beveel om te bid vir die siekes en om die sieklike gelowiges met olie te salf as ‘n simbool van die Heilige Gees (Jakobus 5:14).

Vuur is een van my gunsteling simbole vir die Heilige Gees. Dit word gebruik om die krag en teenwoordigheid van God voor te stel. Toe Johannes die Doper op die toneel verskyn het voor Jesus verskyn het, het hy gesê, “Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek . . . Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur”  (Lukas 3:16, beklemtoning bygevoeg).

 

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in 'n klein bouvallige gebou in 'n ongemaklike deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is 'n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.