Sewe Vroue Sal Een Man Aangryp!

David Wilkerson

Volgens die profeet Jesaja, sal daar twee soorte kerke bestaan in die laaste dae. En ek glo hierdie twee soorte kerke bestaan reeds. Ons hoef nie te gis oor hoe hulle sal lyk nie – want Jesaja gee vir ons ‘n baie duidelke, profetiese beskrywing van beide.

Jesaja 4 open met ‘n opgesomde en tragiese beskrywing van wat ek noem “die kerk van slegs vergifnis”:

“En in dié dag sal sewe vroue een man aangryp en sê: Ons eie brood sal ons eet en ons eie kleed aantrek; laat jou naam oor ons genoem word, neem ons smaadheid weg” (Jesaja 4:1).

Dit is een van die verse in die Bybel wat die meeste verkeerd verstaan word. Sommige kommentators stel voor dit het gebeur tydens die heerskappy van Koning Agas, toe vyandig leërs ingekom het en 120,000 mans verslaan het. Maar dit is slegs gissing. Daar is geen bewyse dat hierdie vers ooit vervul is word op enige tyd in die geskiedenis nie. Daar is niks om voor te stel dat, selfs in Agas se tyd, sewe vroue “een man aangegryp het” nie.

Dan het die Heilige Gees iets vir my gesê betreffende hierdie paragraaf. Volgens my kennis, sal jy niks van wat ek sê in enige kommentaar kry nie. Ek sien egter hierdie hele hoofstuk in Jesaja as een van die duidelikste, mees onmiskenbare profesieë oor hoe die kerk sal lyk net voor die koms van die Here.

Net soos talle Christene, glo ek sonder twyfel dat ons in die laaste dae leef. Jesus se lewe, dood en opstanding ingestel in die begin van hierdie periode. Op die dag van Pinkster, het Perus opgestaan en gesê,

“...Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is; En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees...” (Handelinge 2:17).

Petrus het in wese gesê, “Hierdie is die laaste dae. God se uitgestorte Gees is die bewys daarvan!”

Net so, het die apostel Paulus geskryf,

“Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het” (1 Korinthiërs 10:11).

Paulus het geweet hy het in die laaste dae geleef. En vir my, is daar geen twyfel nie dat ons in die heel laaste van laaste dae leef!

In Openbaring 1, het Johannes Jesus gesien satan te midde van sewe goue kandelaars:

“...sy oë soos ‘n vuurvlam, en sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond...” (Openbaring 1:14-15).

Johannes was getref deur hierdie skrikwekkende gesig – en hy het op sy aangesig geval in vrees! Onthou, dit was dieselfde Johannes wat met sy kop op Jesus se bors gelê het. En nou, terwyl hy die Here in hierdie staat sien, is hy swaar getref.

Die Skrif maak dit baie duidelik dat hierdie sewe kandelaars sewe kerke verteenwoordig – dit is, die hele godsdienstige liggaam van gelowiges in die laaste dae, alles wat ons “die kerk” kan noem. En Jesus wandel tussen hierdie sewe kandelaars, Sy deurdringende oë deursoek die sewe kerke.

Die Skrif verwys altyd na die kerk in die vroulike vorm, in baie gevalle as ‘n bruid.

Die sewe aanstaande bruide wat Jesaja opnoem, is duidelik ‘n tipe van die eienskappe van talle in die laaste-dag kerk.

Dispensasionaliste sou sê dat die sewe kerke van Openbaring sewe kerkeeue verteenwoordig. Ek sê, dat ek glo jy sal die eienskappe van al sewe kerke deur die eeue heen in alle kerke vind. Selfs in die “geseënde” kerke wat gekomplimenteer word deur die Here – soos dié wat van die gees van Smirna en Filadelfia is – sal jy ‘n mengsel en eienskappe wat God haat, kry.

Hierdie sewe aanstaande bruide wil een man, wat ek aanneem Christus is, aangryp. Hierdie bruide is egter nie geïnteresseerd om Hom lief te hê nie. In teendeel, hulle het slegs een ding in gedagte gehad – die wegneem van hulle smaad!

“...Ons eie brood sal ons eet en ons eie kleed aantrek; laat jou naam oor ons genoem word, neem ons smaad weg” (Jesaja 4:1).

Ek sien hier sewe vroue ‘n man nader en sê, “Jy hoef nie vir ons kos te gee nie. Ons sal sorg vir ons eie brood. En jy hoef nie vir ons klere te voorsien nie. Ons sal ons eie klere voorsien.”

Jy hoef nie baie diep geestelik te wees om die betekenis raak te sien nie. Immers, “...sonde is ‘n skandvlek vir die nasies” (Spreuke 14:34) – smaad van skuld! Hierdie vroue wil sekerlik die bruid van Christus wees – maar slegs op hulle eie terme. Hulle wil ‘n verstandhouding hê sonder intimiteit, liefde of toewyding.

Die getal sewe word gebruik aangaande hierdie bruide om ons te herinner dat daar in elke kerkstelsel sulke mense is. Hulle probeer “een man aangryp” – Christus – net om verligting te kry van hulle sonde. Hulle wil nie intimiteit met Hom hê nie. Hulle wil niks meer as vergifnis hê nie – om die straf van sonde weggeneem te hê. Ek noem dit “die kerk van slegs vergifnis.”

Verstaan asseblief – ek glo in regverdigmaking en vryspraak deur geloof. Dit is deur geloof in Jesus Christus alleen waardeur ons gered word. Ons word geregverdig en vrygespreek deur Sy voltooide werk aan die Kruis. En weens dit, kan ons leef sonder skuld, vrees of veroordeling. Dit is die groot betekenis van die evangelie.

Maar as dit al is wat jy ooit van Jesus wil hê – as jy nie intiem met Hom wil wees nie, en nie van Hom wil leef as die brood uit die hemel nie en nie te wil kom om onder Sy vurige blik, wat soek en oortuig van sonde nie – dan is om vergewe te wees, jou hele fokus!

Ek was ‘n tyd gelede in ‘n dorp om by ‘n byeenkoms te praat en ek het verby ‘n groot amfiteater, wat ‘n Christelike rock konsert geadverteer het, gegaan. Ek het gestop om te kyk hoe die kinders die toerusting vir die optrede opgestel het. Dit is ongelooflik dat sommige van hulle T-hemde gedra het met ‘n boodskap wat ‘n vierletter woord ingesluit het. Dit het gelees: “— Skuld!”

Ek kan nie eers die woord vir julle hier aanhaal nie – en hulle was sogenaamde Christene. Al wat hulle waarskynlik wou gehad het, was om ontslae te raak van skuld!

Vandag verkondig talle herders en evangeliste ‘n “slegs vergifnis” boodskap – en dit is al wat hulle verkondig! Hulle roep uit, “Kom, aanvaar Jesus en geniet ‘n lewe sonder skuld, vrees of veroordeling. Glo net en bely en jy sal Sy bruid wees. Jy kan jou eie pad loop en jou eie sê, sê!”

Ek glo nie ons word gered deur die wet nie – maar die wet het ‘n doel. Dit is ‘n spieël wat die gebooie en vereistes van God voor ons ophou. En wanneer ons sien ons kan nie daardie gebooie nakom nie, word ons na Jesus gedryf. Maar mag God ons help as ons nie hierdie soort prediking hoor nie!

Talle kerke het die Woord vervang met ‘n tien-minute spotskrif, wat geen oortuigende evangelie hoegenaamd bevat nie. Daar is geen verkondiging van heiligheid nie, geen woord van afsondering van die wêreld nie, niks oor heiligmaking of die afrekening van boesemsondes nie. Die leiers verdedig hulself deur te sê, “Mense wil nie ‘n moeilike evangelie hoor nie. Ons gee bloot vir hulle wat hulle nodig het om te hierdie moeilike tye te hanteer.”

Die Bybel sê inderdaad dat diegene wat sulke kerke bywoon,

“...in hulle oor gestreel wil wees, [en] vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede...” (2 Timótheüs 4:3).

Hierdie kerkgangers sê, “Jy hoef nie vir ons kos te gee nie, Jesus. Ons kan ons eie brood voorsien. Ons het ons eie evangelie!”

Dwarsdeur Amerika, voed kerke hulle skape dieselfde geestesvoedsel – ‘n spookasem, “voel-goed” evangelie. Hierdie plekke is vol duisende mense wat bloot ‘n sondaarsgebed herhaal en gesê het, “Ek glo!” Maar die Bybel sê selfs die duiwels glo ook – en hulle sidder aan bloot die gedagte aan God!

Min van hierdie mense is aangemoedig om die self te verloën en die Kruis te omhels – om te sterf vir alle self en vir goddeloosheid. Hulle wil nie die las van die Here hê nie. Hulle ween nie oor die sondes van Sion nie. Hulle voel nie God se gebroke hart oor die goddeloosheid en kompromis in hierdie laaste dae nie.

In plaas daarvan, sê hulle, “...Ons eie brood sal ons eet...” (Jesaja 4:1). Hulle wil nie die brood hê wat uit die hemel kom nie – dit is, Jesus Christus gekruisig, opgestaan en waar Hy sit aan die regterhand van die Vader. Hy is die brood van afsondering – van heiligheid, reinheid, selfverloëning. Maar hulle sê, “Ons sal ons eie brood voorsien – gewoonlik ‘n evangelie van permissiewe liefde, met geen tugtiging en geen bestraffende oortuiging van sonde nie.

Geliefde, die Bybel sê hulle brood is besoedel! Die profeet Hosea het dit genoem

“...soos tranebrood sal hulle spys vir hulle wees. Almal wat daarvan eet, word verontreinig; want hule brood is vir hulleself: dit sal nie in die huis van die Here kom nie” (Hosea 9:4).

Die ware huis van God – die heilige oorblyfsel kerk – sal niks te doen wil hê met hierdie mensgemaakte brood nie. Hulle weet dat die meeste daarvan ‘n hedendaagse sielkunde is, met ‘n paar verse van die Skrif wat ingesprinkel word om dit godsdienstig te laat klink. Dit klink goed – maar dit laat die skape in hongersnood!

“...Ons...sal ons...eie kleed aantrek” (Jesaja 4:1).

Die “kerk van slegs vergifnis” sê, “Luister, Here, U hoef nie vir ons klere te voorsien nie. Ons sal ons eie maak en onsself aantrek.”

Daar is geen kleed van geregtigheid vir hierdie mense nie – geen verkondiging van heiligheid nie, geen bestraffing, niks “negatief” nie. Daar is geen afsondering van die wêreld nie, geen versaking van alle ander nie, geen vashou aan hulle man nie. In plaas daarvan, sê hulle, “Ons sal aantrek wat ons wil!”

Hierdie aanstaande bruide het geen begeerte om hulle te onderwerp aan die gesag van ‘n man nie. Hulle wil nie onder dieselfde dak leef as Hy nie. Hulle is ook nie geïnteresseerd in sy behoeftes nie. Hulle wil nie sy hart ken of begaan wees oor sy belange nie. Hulle is heeltemal behep met hulself – dat hulle straf weggeneem word!

Daarom het hulle so min kontak met Hom as moontlik – miskien een uur per week. Is daar enige intimiteit, liefde, kameraadskap, onderwerping in hierdie verstandhouding? Nee! Is daar enigeen wat aan Hom vashou? Nee! Begeer hulle om ure in Sy teenwoordigheid deur te bring – in afsondering, terwyl hulle Sy hart deel? Nee – hulle bring die meeste van hulle tyd deur met “ander liefdes,” soos sport, TV, teater en plesiere van allerhande soorte. Sonder uitsondering, wend sulke Christene hulle altyd tot ‘n selfgesentreerde evangelie.

‘n Man wat onlangs ons kerk besoek het vanaf ‘n groot suidelike stad, het my genader voor een van ons dienste. Hy het gesê, “Broer David, ek moes my kerk verlaat. Ons het ‘n hele afvaardiging dwarsdeur die land gestuur na ‘n gemeente waar daar ‘n ‘groot herlewing’ veronderstel was om plaas te vind. Almal het opgewonde daaroor teruggekom – maar iets in my gees het nie reg gevoel nie. Ek het nie gevoel ek kon deel wees van hierdie ‘nuwe ding’ nie. Daarom moes ek daar weggaan.

“Sê vir my – wat gebeur in ons kerk? Waar is ons onderskeiding? Waarom is ons herder nie intiem met Jesus nie? Waarom lyk dit of niemand God se hart ken nie? Waarom hierdie skielike inlywing van ‘n ‘ingevoerde’ herlewing?”

Dit is inderdaad uit intimiteit met Jesus dat ons onderskeiding, leiding en ‘n wete wat reg en verkeerd is, wat heilig en rein is, ontvang. Intimiteit met Christus gee vir ons ‘n vastigheid waarin ons nie heer en weer gewaai word deur elke wind en golf van lering nie. Tans is daar sulke dwaasheid aan die gang, met geen onderskeiding hoegenaamd nie. Dit is mensgemaakte brood – dit is nie van God af nie – en dit bedroef Sy hart!

Laat my nou aanbeweeg na die ander kerk waarvan Jesaja praat:

In die volgende kerk wat Jesaja sien ontstaan het in die laaste dae, word genoem die kerk van God se heerlikheid!

“In dié dag sal die Spruit van die HERE wees tot sieraad en heerlikheid, en die vrug van die land tot hoogheid en versiering vir die vrygeraaktes van Israel” (Jesaja 4:2).

Wie is die Spruit waarvan hier gepraat word? Dwarsdeur die Ou Testament, is die Spruit wat uitspruit en hier genoem word, niemand anders nie as Jesus Christus, die Here van die heerlikheid.

Volgens Jesaja, sal daar ‘n kerk wees vir wie Hy pragtig en glorieryk, voortreflik en aantreklik sal voorkom. Hulle motiewe teenoor Hom sal nie een wees om bloot straf weg te neem nie. Nee – hulle sal passievol verlief wees op ‘n Man wat hulle sien as begeerlik, aantreklik en voortreflik!

Tans is daar ‘n oorblyfsel kerk op die aarde wat niks anders nie as Christus begeer. Hierdie oorblyfsel is maar ‘n klein gedeelte, miskien ‘n tiende, van wat ons as die kerk beskou. Ek glo nie dat die kerk wat God in hierdie laaste dae sal behaag, een sal wees wat veelvuldige duisende gelowiges het nie. In teendeel, baie van dit wat ons sien plaasvind in megakerke vandag, verteenwoordig glad nie God se hart nie.

Nee – die hart van die Here is by daardie kerke waar Jesus die middelpunt van belangstelling is – waar alles gebaseer is op die verkondiging van die Kruis en gebou word rondom die teenwoordigheid en karakter van Christus. God se hart word geopenbaar aan daardie kerke wat verlief is op Sy Seun – waar mense hulle alles op Hom fokus!

Dit is diegene waarna Jesaja verwys as “...die vrygeraaktes van Israel” (Jesaja 4:2). Hy sê van hulle:

“As die Here die onreindheid van die dogters van Sion afgewas en die bloedskulde van Jerusalem daaruit weggespoel het deur die Gees van strafgerig en die Gees van uitdelging” (Jesaja 4:4).

God het Sy Gees na die wêreld gestuur in hierdie laaste dae om sonde en goddeloosheid te bestraf. Baie wat Sy brandende, veroordelende, oortuigende Woord hoor, sal na Babel vlug – dit is, na wêreldsheid – en sal weggevoer word in slawerny.

Slegs ‘n oorblyfsel sal oorbly. En Jesaja sê hier dat God hierdie enkeles sal deurdra “...deur die Gees van strafgerig en die Gees van uitdelging” (Jesaja 4:4).

Die laaste dag kerk wat met God se heerlikheid gevul sal word, is meer as net ‘n kerk wat vergewe is. Dit is ‘n heilige kerk – een wat gereinig is deur die verterende vuur van God se Woord wat van sonde oortuig. Heiligheid en reinheid kenmerk sy mense. Jesaja voeg by,

“...wie in Sion oorgebly het...sal heilig genoem word, elkeen wat onder die lewendes opgeskrywe is in Jerusalem” (Jesaja 4:3).

Jy sal moontlik sê, “Maar, Broer Dave, dit is duidelik dat dit slegs verwys na antieke Israel. Jerusalem en Sion word hier genoem – en dit verbind hierdie profesie aan die Joodse bevolking van Jerusalem op ‘n sekere tyd in die geskiedenis.”

Nee! Dit is baie meer as dit. Beskou wat die Bybel elders sê:

“Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal” (Galásiërs 4:26). “Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tienduisende engele” (Hebreërs 12:22).

Daar is ‘n nuwe, hemelse Jerusalem – ‘n geestelike stad wat die moeder van alle gelowiges is:

“...die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal...” (Openbaring 3:12).

Dit is waaroor die profeet Jesaja praat – ‘n oorblyfsel wat die hemelse dinge bedink, wat die Here deur Sy verterende vuur sal bring!

Jy sien, wanneer jy glo in die Here Jesus Christus, is jy gebore in Sion. Jou naam is hier opgeteken. En diegene wat hulle harte ten volle aan Jesus gegee het – wat intiem met Hom is en aan Hom behoort – word in Sion geken as seuns en dogters van God.

Die beste bewys hier dat Jesaja verwys na die laaste-dag kerk, word gevind in vers 5:

“Dan skep die HERE oor elke woonplek van die berg Sion en oor sy plekke van samekoms ‘n wolk bedag en rook met die glans van vuurvlamme in die nag; want oor alles wat heerlik is, sal daar ‘n beskutting wees” (Jesaja 4:5).

Jesaja voorspel dat God ‘n nuwe vuurkolom en wolk sal skep om Sy mense te bedek!

Ons weet dat toe Jesaja dit geprofeteer het, het die vuurkolom en die wolkkolom in die wildernis reeds verdwyn. Dit was duidelik dat iets steeds geskep moes word – ‘n nuwe ding!

Die wolk het te doen met die leiding en vertroosting – met bewaring van alle boosheid en verskrikking, sowel as met leiding. Dit beteken God se laaste-dag oorblyfsel mense sal duidelike leiding hê. Hulle sal nie verward wees nie. Wanneer alles rondom hulle in verskillende rigtings tol en ineenstort, sal hulle ‘n wolk en ‘n vuurkolom hê om hulle te lei!

Israel het net een tabernakel gehad – en hulle het een wolk en een vuurkolom gehad. Maar vandag is ons almal tabernakels van die Heilige Gees – en God het ‘n wolk en ‘n vuurkolom vir elkeen van ons. Elke individu – en elke berouvolle, heilige gemeente – het die wolk van die Gees om hulle in die dag te lei en ‘n vuurkolom van die Gees om hulle in die nag te lei.

God sê met ander woorde, “Ek sal jou deurdra, maak nie saak wat jou situasie is nie. Selfs in die ergste storm van jou lewe, sal jy duidelike leiding van My hê. Ek sal vir jou ‘n kolom van vuur gee om jou te lei – so seker as wat Ek Israel in die wildernis gelei het!”

Op hierdie oomblik in Amerika, woed daar egter ‘n storm van verwarring in die kerk. So baie mense is verward. Daar is min onderskeiding – en tog is daar baie valse leerstelling, dwaasheid en vlees.

Ons bediening ontvang oproepe en briewe van mense dwarsdeur die land wat sê. “Wat gaan aan? Ek kan dit nie verstaan nie. Ons herder bring vreemde leringe in en dit skeur ons kerk in twee. Dit dit God of nie? Sê vir ons asseblief. Ons weet nie meer wat om te glo nie!”

My seun Gary, wat ‘n kerk in Denver lei, het my onlangs geskakel. Hy het gesê, “Pa, ek het onlangs na ‘n byeenkoms gegaan waar dinge mal geraak het. Dit het die leiers amper laat skrik. Hulle moes opstaan en sê, ‘Reg, kom ons bring dit alles terug na Jesus toe.’

“Aan die begin het hulle gesê dit was ‘n beweging van die Heilige Gees. Maar toe moes hulle sê, ‘Laat ons dit alles terugbring na Jesus toe,’ Wel, waar was hulle, as hulle alles moes terugbring na Jesus toe?”

Geliefde, hierdie soort ding is skrikwekkend. Die fokus in daardie byeenkoms moes nêrens anders gewees het as op Jesus nie!

Dikwels kom mense na my toe en sê, “Broer Wilkerson, jy moet saam met ons gaan. ‘n Groot herlewing het uitgebreek in so-en-so ‘n kerk. Dit is wonderlik. Mense val links en regs om.”

Ek is nie teen manifestasies nie. Ek het vir vyf jaar saam met Kathryn Kuhlman gewerk en in haar byeenkomste mense gesien val onder die krag van die Heilige Gees op ‘n manier wat absoluut ontsagwekkend was. Daar was geen manipulasie betrokke nie; dit was ‘n ware werk van die Gees.

Maar as mense vir my wil vertel dat ‘n groot beweging van God êrens aan die gang is vandag, sal my eerste vraag wees: “Word God se woord verkondig met verterende vuur? Word mense oortuig van sonde? Is die uitroep van die mense daar vir die reiniging van die gees van die wêreld?

“Is heiligheid die gevolg? Is daar ‘n sterk boodskap van tugtiging? Dryf dit mense na Jesus toe? Fokus alles op Hom? Is Christus die kern van dit alles? Is daar ‘n nuwe deernis vir verlore siele? Bekeer verharde sondaars hulle?”

Dit is die werk van die Heilige Gees! Hy kom om die wêreld van sonde, geregtigheid en oordeel te oortuig. So, as jy vir my sê die Heilige Gees het neergedaal, dan beter hierdie dinge gebeur. So nie, oordeel dit dan vir wat dit is – vlees!

Die heilige oorblyfsel kerk word heeltemal gelei deur die Heilige Gees!

 Die Here het mense in hierdie verwarrende tye wat nie verward is nie. Hulle is so oorgegee aan Jesus – so verlief op Hom, so oop vir die tugtiging van Sy Gees, so afgesonder van die goddeloosheid van hierdie eeu – dat hulle die weë en werkinge van die Heilige Gees ken. Hulle weet wat is suiwer en heilig en wat is vlees en dwaas. Wanneer die wolkkolom beweeg, volg hulle!

“...want oor alles wat heerlik is, sal daar ‘n beskutting wees” (Jesaja 4:5).

Die oorspronklike Hebreeus lees hier: “Oor almal sal ‘n bedekking wees.” Dit beteken in wese, “Oor elkeen van hierdie oorblyfsel mense, en almal van hierdie heilige oorblyfsel byeenkomste, sal daar ‘n wegkruipplek wees, ‘n kombers, ‘n bedekking. En daardie bedekking is die heerlikheid van God!”

Jy mag uit Exodus 40 onthou dat ‘n wolk van heerlikheid die tabernakel in die wildernis bedek het:

“Toe het ‘n wolk die tent van samekoms oordek, en die heerlikheid van die HERE het die tabernakel gevul, sodat Moses nie in die tent van samekoms kon ingaan nie, omdat die wolk daarop gerus en die heerlikheid van die HERE die tabernakel gevul het” (Exodus 40:34-35).

Lees ook wat gebeur het in Salomo se tabernakel, toe hy die tempel ingewy het:

“En net toe Salomo sy gebed voleindig het, het die vuur uit die hemel neergedaal en die brandoffer en die slagoffers verteer, en die heerlikheid van die HERE het die huis vervul; en die priesters kon nie in die huis van die HERE ingaan nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van die HERE vervul” (2 Kronieke 7:1-2).

Geliefde, elke keer wat die tabernakel in orde was – elke keer wat dit voltooi was en voorberei was volgens God se plan – het Sy heerlikheid neergedaal en dit gevul.

Hier in Jesaja 4, word ons belowe dat in die laaste dae die Here ‘n heerlikheid sal skep wat Sy oorblyfsel kerk sal bedek. Die heerlikheid van God sal elke hart vul en elke huis bedek. Ons al onder die afdak van God se heerlikheid aanbid!

Wat is hierdie heerlikheid? Dit is niks anders nie as die geopenbaarde teenwoordigheid van Jesus Christus, God se Seun! Jesus is die volheid van die Vader se heerlikheid.

“In die dag al die Spruit van die HERE wees tot sieraad en heerlikheid...” (Jesaja 4:2). “...die Seun...wat die afskynsel is van sy heerlikheid...” (Hebreërs 1:1-3).

Die heerliheid kan geensins helderder wees as Christus wat Homself aan jou manifesteer nie!

Die woord manifesteer beteken “om aan die hand gegryp te word.” Met ander woorde, as Jesus se teenwoordigheid ‘n plek vul, is dit so werklik, so duidelik, dat jou geestelike hande dit kan aanraak en jou geestelik oë dit kan sien. Dit is so werklik soos die lug wat jy inasem!

Die soort herlewing wat ek wil sien, is die soort waar die teenwoordigheid van Jesus so kragtig en oorweldigend word – so mooi en heerlik – dat die “vrug” (of, bekerings) voortreflik sal wees! (sien Jesaja 4:2). Ons het reeds die begin hiervan in ons dienste by Times Square Kerk gesien – met mense wat vorentoe stroom, huil en gebroke is voor die Here.

As mense gaan val, wil ek sien dat hulle val onder die Heilige Gees se oortuiging van sonde. En die visioen wat ek wil hê hulle moet ontvang, is ‘n nuwe visioen van Jesus. En die manifestasie wat ek wil hê hulle moet hê, is dat hulle van die vloer af opstaan as nuwe skepsels in Christus!

Dit is wanneer mense veronderstel is om in staat te wees om te lag. Wanneer die verterende vuur sy reinigende werk gedoen het en alle sonde weg is en daar was ‘n skeuring van harte – dan behoort ons in staat te wees om heelnag lank te lag. Laat die blydskap van die Here dan kom! Ek sou nie ‘n kerk wou bywoon waar die heerlikheid van die Here weggetrek het nie. Die Psalmis getuig dat toe die ark deur die Filistyne weggevoer is,

“...het [Hy] sy sterkte oorgegee in gevangenskap en sy heerlikheid in die hand van die teëstander” (Psalm 78:61).

Toe die priester Eli se skoondogter geboorte gegee het, was haar seun Ikabod genoem, wat beteken “...Weggevoer is die eer [heerlikheid van God] uit Israel...” (1 Samuel 4:21).

Ons getuienis moet wees, “As ek nie die teenwoordigheid van Jesus het nie, wil ek nie leef nie. Hy moet my Leidsman, my Wolk en my Vuurkolom wees!”

Waarom is die heerlikheid van God so belangrik vandag? Watter doel het die heerlikheid van sy teenwoordigheid?

Die antwoord word gevind in Jesaja 4:

“En daar sal ‘n afdak wees vir ‘n skaduwee bedags teen die hitte en vir ‘n skuilplek en toevlug teen die stortbui en die reën” (Jesaja 4:6).

Eerstens sal die heerlikheid van God se teenwoordigheid vir ons ‘n skuiling teen die hitte wees. Die Hebreeuse woord vir hitte beteken “droogte, verlatenheid, onvrugbaarheid.” Dit is ‘n soort van God se oordeel oor ‘n bose samelewing.

In Openbaring 16, is die vierde engel van oordeel gesag gegee

“...om die mense met vuur te skroei. En die mense is geskroei met ‘n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster...” (Openbaring 16:8-9).

Tans maak God dinge warm. En dit gaan selfs warmer word, met oordele aan alle kante. Maar die heerlikheid van God sal ons bedekking wees?

“En daar sal ‘n afdak wees vir ‘n skaduwee bedags teen die hitte...” (Jesaja 4:6).

Ons sal nie die hitte voel nie! In plaas daarvan, sal ons rus in die koel skaduwee van Jesus se vlerke.

Tweedens, die heerlikheid van God is ons verdediging, ons bedekking:

“...en vir ‘n skuilplek en toevlug teen die stortbui en die reën...” (Jesaja 4:6).

Reeds sien ons die reën – nie net van die Heilige Gees uitstortings nie, maar van God se oordele. Die stormwolke kom bymekaar – maar, dank God, daar sal ‘n bedekking wees oor Sy heilige oorblyfsel kerk!

Miskien sê jy, “Ek het geen ‘glorieryke kerk’ wat ek kan bywoon nie. Al wat ek kan vind, is mensgesentreerde kerke. Waar is my bedekking van die hitte en die storm?”

Jou woning is die heerlikheid van God in jou eie hart! As Jesus in jou teenwoordig is, openbaar Hy Homself aan jou, dan word jy ten volle bedek. As jy jou hart en oë op Hom rig – en toelaat dat God se Woord jou tugtig, oortuig van sonde en jou korrigeer – sal Hy Homself aan jou openbaar. Hy het dit belowe!

“Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê en My aan hom openbaar” (Johannes 14:21).

God sê, “Ek daar met jou wees. Dit maak nie saak hoe erg dit raak nie – Ek sal jou deurdra. Ek sal jou nooit verlaat of begewe nie!”

Amen!