SAL ONS REAGEER OP DIE HERE SE WAARSKUWINGS?

Carter Conlon

In 1987, het God ‘n las op die hart van David Wilkerson gelê en hy het Times Square Kerk gestig. Die Here het vir hom gesê, “Ek stuur jou na New York Stad om ‘n oorblyfsel bymekaar te maak. [Met ander woorde, diegene wat ‘n opregte wandel begeer met God deur Jesus Christus.] Ek wil hê jy moet die stad waarsku dat oordeel op pad is.”

Die Here het Pastoor David ‘n visioen gegee van vure wat brand in New York Stad. Hy het gesê dat dit rasverwante oproere wou wees, wat nie net New York Stad nie, maar talle belangrike stede dwarsdeur die land sou affekteer. As ons rondkyk na ons samelewing, is dit maklik om tot die gevolgtrekking te kom dat daardie dae dalk nou in ons midde mag begin.

Omdat ons gewillig was om die waarskuwing te aan te neem, was ons in staat om voorbidding te doen. Ons bid dat daar ‘n duisend vure van herlewing in hierdie stad sal brand voor daardie ander dae kom – ‘n duisend kerke wie se deure nie sal sluit nie, sodat mense kan inkom en God soek. Dit is ons gebed omdat die Bybel vir ons sê dat barmhartigheid oor oordeel triomfeer. Dit beteken nie dat oordeel nie kom nie, maar genade neem sy finaliteit weg wanneer mans en vroue Christus as Saligmaker aanvaar.

Ons sien in die Bybel dat selfs in die dae van die vroeë Kerk, was die Here getrou om Sy kinders te waarsku wanneer lyding op die horison was. Byvoorbeeld, in die boek Handelinge sê dit, “En in dié dae het daar profete van Jerusalem na Antiochië afgekom. En een van hulle met die naam van Ágabus het opgestaan het deur die Heilige Gees te kenne gegee dat daar ‘n groot hongersnood oor die hele wêreld sou kom, wat ook gekom het onder keiser Claudius” (Handelinge 11:27-28).

Hoe het die vroeë kerk gereageer? “En die dissipels het besluit dat iedereen van hulle na sy vermoë iets sou stuur tot versorging van die broeders wat in Judéa woon” (Handelinge 11:29). Iets in hulle harte het erkenning gegee aan die waarskuwingsboodskap, en daarom het hulle opgetree om vir hulleself, sowel as vir ander wat in nood sou wees voorbereidings te tref.

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.