SAL ONS HOM TOELAAT OM TE HEERS?

Nicky Cruz

In sy brief aan die Galásiërs, het die apostel Paulus geskryf, “As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel” (Galásiërs 5:25). Regdeur die Skrif is dit duidelik dat God wil hê elkeen van sy kinders hulle moet hulleself oorgee aan die heerskappy en regering van die Heilige Gees. Trouens, die Skrif se belangrikste doel vir die lewe binne-in ons is om ons rigting aan te dui en te lei in alles wat ons moet doen.

Die Heilige Gees gee absolute en gedetailleerde instruksies aan almal wat deur Hom wandel. Wanneer ons deur die Gees wandel, leef ons nie met verwarring en twyfel nie. Sy leiding is duidelik en beslis. Die vroeë dissipels van Christus het hierdie waarheid verstaan en hulle het toegelaat dat die Gees hulle lei in elke besluit, elke beweging, elke daad. Die Gees het met hulle gepraat en hulle gelei elke uur waartydens hulle wakker was. Geen besluite is gemaak sonder om Hom eers te raadpleeg nie. Die kerk se leuse regdeur die Nuwe Testament was, “Hy wat ore het, laat hom hoor wat die Gees sê.”

Ek en jy het dieselfde geleentheid vandag. Dieselfde Gees wat die vroeë gelowiges gelei het in hulle wandel met die Here, leef binne-in jou en my en roep ons daagliks om na sy wil en leiding te luister, ons daaraan te onderwerp en te gehoorsaam. Hy belowe krag en effektiwiteit ver bo ons wildste drome. Die enigste vraag is, Sal ons Hom toelaat om te heers?

Ek is altyd verstom oor hoeveel pret dit is om in die seën van die God te beweeg. As God jou pad rig, is dit altyd versterkend en selde wat jy verwag. Dit is nooit vervelig, nooit voorspelbaar, nooit ordinêr nie en altyd verfrissend.

In die baie dekades wat Ek God volg waar Hy ook al lei, het ek Hom gesien werk op maniere wat te asemrowend is vir woorde. God het die krag van sy Gees en sy Woord soveel keer getoon dat ek lankal ophou probeer het om Hom in twyfel te trek. Wanneer die Heilige Gees jou die pad aandui, is die beste wat jy kan doen om te probeer bybly.

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run