Rus in Jesus in Moeilike Tye

Vir jare, het ek getrou gewaarsku oor ‘n gou-aan-die-kom wêreldwye ekonomiese slagting. Huidiglik, sien ons dit regoor die wêreld gebeur. Ek het gewaarsku dat Christene gaan ly, dat daar groot verlies en swaarkry sal wees en dit gebeur reeds. Menigtes van dierbare heiliges regoor die wêreld beleef nou groot finansiële en geestelike spanning.

So verskriklik soos wat hierdie dinge is, mag nie een daarvan die fokus wees van ons energie en bediening nie. Ons moet liewer voortgaan om die liefde van God die Vader en die deernisvolle barmhartigheid van ons Verlosser Jesus vir ons, te verkondig.

Ek weet die Amerikaanse lewenstyl – inderdaad, die lewenstyle van diegene in elke welvarende nasie – is op die punt om permanent te verander. Maar wanneer ek in die oggende opstaan, is ek nie bekommerd oor, “Wat gaan ons eet? Wat gaan ek aantrek? Wat van die hitte, ligte en sekuriteit?” nie. Jesus het ons gewaarsku om dit nie te doen nie.

In plaas daarvan, wanneer ek in die aande bed toe gaan, rus ek in my Vader se liefde. Die der waarheid weet ek dat ek nie God is nie en dat hy alleen in beheer is van al hierdie dinge. Ek doen eenvoudig wat die profeet Jesaja gedoen het: hy het sy gedagtes gerusgestel deur ten volle op sy Here te vertrou. Hierdie profeet het met gelowiges van alle tye gepraat, “U sal ‘n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U” (Jesaja 26:3). God kan nie lieg nie.

Die Skrif maak dit duidelik: ons moet waaksaam wees en ons laat waarsku deur die profetiese booskappe van goddelike wagte. Net so, moet ons ag gee op elke profetiese boodskap wat in die Skrif geopenbaar en bevestig is. Kortliks, ons moet al die kennis wat ons kan oor die komende storms bymekaarmaak, sodat ons ons harte kan voorberei vir wat ons ookal mag beleef.

Maar ons moenie dat vrees en angs ons denke verteer, ons gedagtes oorheers of ons harte vasgryp nie. Duisternis is sekerlik aan die kom en oordeel staan voor ons deur. Maar as God se mense, kan ons nie toelaat dat enige wolk van duisternis die groot lig van sy beloftes van liefde en barmhartigheid teenoor sy mense wegsteek nie. Ons moet goed ingelig wees deur God se Woord en sy profete, maar nie met profetiese kennis behep raak sodat dit ons lewens oorneem nie.

Die duiwel sal graag wil hê dat dit gebeur. Hy weet hy kan ons nie sover kry om God se woord insake oordeel te betwyfel nie en daarom sal hy probeer om ons te neem na ‘n ander uiterste en ons te dryf na ‘n vreesbevange obsessie met moeilike tye.

Eenvoudig gestel, Satan wil jou roof van alle hoop deur jou met onheilspellende gedagtes te vervul. Maar jy kan nie die toekoms uitvind deur heeltemal behep daarmee te wees nie. In werklikheid, dit kan jou net vasvang in vrees en obsessies met vreesaanjaende gebeurtenisse.

Die apostel Paulus het ons verseker met sy bevel: “Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is – watter deug en lof daar ook mag wees, bedink dit” (Filippense 4:8, kursief myne).

Met ander woorde: “Jy het al hierdie waarskuwings gehoor. Nou moet jy luister na wat God se Woord openbaar en wat sy wagte sê. En, laastens, rig jou gedagtes op Jesus en sy goedheid.”

In ‘n tyd wanneer groot oordele op die nasies rondom hulle geval het, het Jesaja getuig dat hy ‘n dubbele deel van vrede gehad het.

Dieselfde wonderlike uitgangspunt wat Jesaja in moeilike tye gehad het, is vandag ook vir ons beskikbaar. Die belofte van rus is vir “almal wie se gedagtes op Hom gerig is.”

Jesaja was oorweldig deur wat hy in die wêreld rondom hom sien gebeur het. Maar die Skrif openbaar dat hy groot vrede geniet het. Hoe het hy by so ‘n plek van rus gekom met alles wat hy gesien het? Daar was twee redes daarvoor:

Eerstens, soos oordele gereed was om die nasies te tref, was Jesaja in aanhoudende gebed tot God. “Ook in die weg van u oordele het ons U verwag, o HERE! Tot u Naam en tot u gedenknaam gaan die begeerte van ons siel uit” (Jesaja 26:8). Jesaja was voorbereid vir enigiets omdat hy altyd “gebid het sonder ophou.”

Ek moet jou vra: wanneer die storm woed, gaan jy na die Here in gebed soos Jesaja het? As jy dit doen, dan kry jy krag, omdat jou gedagtes gerig word op jou soewereine, hemelse Vader se liefde en Hy openbaar voortdurend sy krag aan jou en bemoedig jou dat jy dit sal maak.

Dit is nie God se wil dat enige van sy kinders die komende moeilike tye met verlammende vrees moet beleef nie.

Die Here begeer nie dat Bybelse profesieë en waarskuwings ons bang maak nie. In teendeel, hier word Jesus se hart oor die saak baie duidelik gestel: “Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie” (Johannes 14:27).

In Matthéüs se Evangelie profeteer Jesus van komende wêreld gebeurtenisse wat vreesaanjaend klink. Hy praat van oorloë, peste en aardbewings in verskillende plekke. En Hy waarsku sy hoorders, “Julle gaan verdruk word en sommige van julle sal selfs doodgemaak word. Ongeregtigheid sal vermenigvuldig. Valse profete en messiasse sal opstaan en baie mislei.”

Later in Matthéüs, verduidelik Jesus sy redes waarom Hy ons oor hierdie katastrofiese gebeurtenisse waarsku. Hy sê Hy vertel vir ons hierdie dinge sodat ons in Hom kan glo wanneer ons dit sien gebeur.

Jesus het nie probeer om ‘n las van vrees op ons te plaas nie. Hy wil bloot hê dat ons nie verbaas moet wees wanneer ons deur verskriklike storms geteister word nie. Hy wil hê ons geloof moenie skipbreuk ly wanneer ons skielik ongelooflike lyding beleef nie. Bo alles, wil Hy hê dat ons moet glo daar is ‘n Here oor al hierdie verskriklike dinge, ‘n Vader wat liefdevol genoeg is om ons daaroor te waarsku en ons deur dit alles te bewaar.

Jesaja het hoop in moeilike tye gepreek.

Jesaja het verby al die dinge wat gebeur het na ‘n groter visioen, wat God aan hom gegee het, gekyk. In hierdie visioen, het Jesaja gesien dat die Here kom om al die trane van sy kinders af te vee, hulle laste te verwyder en hulle van alle skuld en vrees te verlos:

“En hulle sal in dié dag sê: Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos: dit is die HERE op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos: dit is die HERE op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor sy hulp. Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Here HERE sal die trane van alle aangesigte afvee; en Hy sal die smaad van sy volk van die hele aarde af wegneem; want die HERE het dit gespreek” (Jesaja 25:9,8).

Hier is die tweede rede waarom Jesaja in ‘n plek van vrede gekom het, ten spyte van al die onrus rondom hom. Hy sê vir ons – inderdaad, aan gelowiges in elke leeftyd – in werklikheid: “Julle wat lewe in die heel laaste dae, kan ook hierdie dubbele porsie van vrede hê. Werp jouself in eenvoudige vertroue op die Here, jou Rots.”

“Vertrou op die HERE vir ewig, want in die HERE HERE is ‘n ewige rots” (Jesaja 26:4). “Ja, God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie; want die HERE HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword” (Jesaja 12:2).

God het ‘n woord van hoop vir hierdie uur.

Vir baie maande, het ek die Skrifte deursoek en bestudeer, terwyl ek by die Here gepleit het om my ‘n boodskap van hoop en bemoediging te gee vir hierdie moeilike tye. My gees het uitgeroep, “Here, speek asseblief ‘n woord tot my hart vir u kinders, want U alleen het die woorde van die ewige lewe. Net U kan ‘n woord van vertroosting tot ons spreek in sulke tye.”

Die Heilige Gees het my gebed beantwoord en die volgende tot my hart gespreek: “Ek gaan jou een belofte uit my Woord gee en hierdie woord sal jou deur enige en alle moeilike tye bewaar.”

Geliefde, ek weet dat ons veral hierdie een vers sal omhels en dit ten volle glo, sal dit ‘n daaglikse kragbron van geloof vir ons wees. Hier is die belofte wat die Heilige Gees aan my gewys het:

“WANT JULLE VADER WEET WAT JULLE NODIG HET VOORDAT JULLE HOM VRA” (Matthéüs 6:8).

In Lukas 12, noem Jesus die dinge wat Hy sê ons hemelse Vader weet wat ons nodig het. Daardie behoeftes is, kortliks, voedsel, drank en kleding. “Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie...As God dan die gras van die veld wat vandag daar is en môre in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel meer vir julle, kleingelowiges!” (Lukas 12:22,28).

Jesus spreek van gras wat lank en groen is vandag, maar môre afgesny word. Hy sou ons herinner dat Hy dit lewe gegee het en versorg. Ons mag dit nie waag om te dink dat Hy minder vir ons behoeftes sal sorg as vir gras nie. Hy weet goed wat ons nodig het, of dit kos, finansies of klere is.

Jesus het bygevoeg, “Want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het” (Lukas 12:30). Weer herinner Christus ons, “Dit is al wat julle nodig het om te weet: julle hemelse Vader weet wat julle behoeftes is. Hy het dit alreeds gelys.”

My tema is nou: GOD WEET EN DIT IS AL WAT SAAKMAAK.

God sal nooit sy “klein kuddetjie” weggooi nie.

Jesus belowe, “Maar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word” (Lukas 12:31-32). As ons Hom eenvoudig wil vertrou, ons Here sal ons seën met alles wat ons nodig het.

As jy begaan is oor jou familie se welvaart in die komende dae, het ek goeie nuus vir jou: Jou kinders is God se kinders. En Hy gee meer vir jou geliefdes om as jy. Jesus weet presies wat jy nodig het om te oorleef.

HY WEET VAN JOU BEHOEFTE OM ‘N DAK OOR JOU KOP TE HÊ. HY WEET PRESIES WAT JOU HUURGELD OF VERBANDBETALING ELKE MAAND IS. HY WEET  VAN DIE MONDE WAT JY MOET KOS GEE EN DIE HOEVEELHEID KOS IN JOU KAS. JY KAN HOM VERTROU OM AL DAARDIE BEHOEFTES TEGEMOET TE KOM, OMDAT HY BELOWE HET OM DIT TE DOEN.

Dit is tragies dat baie mense in die komende dae bitter gaan word, omdat God nie hulle gebede sal verhoor om hulle huidige lewenstyl te handhaaf nie. Baie het nog nooit die soort lyding wat ons nou beleef, geken nie.

Maar die Here sê vir rykes en armes dieselfde, “Moenie bekommerd wees oor jou aardse besittings nie. Gee aan My jou kwaliteit tyd en vertrou my. Ek gaan in al jou toekomstige behoeftes voorsien. Jy sal alles kry wat jy nodig het om deur te kom.”

Daar is een les wat elke gelowige moet leer en toepas.

Op hierdie oomblik, gebeur wêreld aangeleenthede so vinnig dat niemand daarmee kan tred hou nie. Selfs terwyl ek hierdie woorde skryf, het die Amerikaanse effekte beurs biljoene verloor. Die implikasies van sulke dinge is te diep en kompleks om te verstaan.

Ons geloof is hierin geanker : ONS HEMELSE VADER KEN ONS – HY WEET PRESIES WAT ONS NODIG HET, WANNEER ONS DIT NODIG HET – EN DIE BLOTE FEIT DAT HY WEET, IS BEWYS GENOEG DAT ONS ONDER SY SORG IS. HY VERHEUG HOM IN ONS EN ONS IS VEILIG EN SEKER TEEN SY BOESEM VASGEDRUK.

Daniël het van die Here gesê: “Hy weet wat in die duister is, en die lig woon by Hom” (Daniël 2:22). God weet van al die donker dae wat voorlê. En Hy weet dat selfs daardie duisternis nie sy aangesig van ons kan wegsteek nie.

Inderdaad, ons duidelike pad deur die moeilike tye sal slegs gevind word as ons die Here vertrou. Hy roep ons vandag om ‘n eenvoudige, kinderlike geloof te hê in sy getrouheid.

Laat ons ons oë op Jesus hou. Laat ons vertrou op sy groot liefde en sorg vir ons. “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle” (1 Petrus 5:7).