RUS IN DIE VADER SE LIEFDE

David Wilkerson

Vir jare, was ek getrou om te waarsku oor ‘n wêreldwye ekonomiese slagting wat binnekort sal plaasvind. Ons dit sien nou waar word dwarsdeur die wêreld. Ek het gewaarsku dat Christene gaan ly, dat daar groot verliese en swaarkry sal wees en dit gebeur reeds. Menigtes kosbare gelowiges dwarsdeur die wêreld verduur groot finansiële en emosionele spanning.

LEWENSTYL VERANDERINGE

So verskriklik as wat hierdie dinge is, behoort nie een daarvan die fokus van ons energie en bediening te wees nie. Ons moet liewer aanhou om die liefde van God die Vader en die teer barmhartigheid van ons Verlosser te verkondig.

Ek weet die Amerikaanse lewenstyl – trouens, die lewenstyle van diegene in elke welvarende nasie – is op die punt om permanent te verander. Ek weet alles wankel en word geskud. Maar wanneer ek in die oggende opstaan, is ek nie bekommerd nie, “Wat gaan ons eet? Wat gaan ons aantrek? Wat van hitte, lig, sekuriteit?” Jesus het ons gewaarsku om dit nie te doen nie.

VOLMAAKTE VREDE

Ek rus in my Vader se liefde. Ek weet waarlik dat ek nie God is nie en dat Hy alleen in beheer is van al hierdie dinge. Ek doen bloot wat die profeet Jesaja gedoen het: Hy het homself gerus gestel deur ten volle op sy Here te vertrou.

“U sal ‘n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U” (Jesaja 26:3).

Jesaja die profeet het hierdie waarheid vekondig aan gelowiges in elke eeu – en God kan nie lieg nie!