RIVIERE VAN LEWENDE WATER

Jim Cymbala

In die Ou Testament, waar daar geen water was nie, was daar geen lewe nie. Mense het gesterf tydens droogtes. Net so, tensy die lewende water van die Gees in ons vloei, sal ons en ons kerke ‘n afwesigheid hê van geesteslike lewe en min lewenskrag. Net soos in die Mojave Woestyn, is geen water gelyk aan geen lewe, geen groei en geen vrugte. Ons kan kerk gereeld bywoon en volmaakte leerstelling hê, maar sonder die Heilige Gees om ons nat te maak, sal ons verwelk en doodgaan.

Jesus het openlik gepraat oor die lewe-gewende eienskappe van die Gees. “En op die laaste dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei’” (Johannes 7:37-38). Met “strome van lewende water” het Jesus verwys na die Gees wat gelowiges later sou ontvang.

Wanneer die Gees van God kom, het ons nuwe lewe. Sonder die Gees van God, word ons oorgelaat om te sukkel met ons eie pogings, wat vol gate van morele swakhede en sondige neigings is. Maar wanneer die Gees kom, het ons blydskap, hoop en krag. Let op dat Jesus nie verwys na ‘n druppel water nie, maar na “strome van lewende water.” Soos ‘n stroom, vloei die Gees – ‘n magtige krag wat ons binnestroom en dan uitstroom, sodat ons ‘n seën vir ander kan wees.

God gebruik water as simbool van die Heilige Gees op ‘n effens ander manier wanneer Hy sê, “Ek sal vir Israel wees soos die dou, hy sal bloei soos ‘n lelie” (Hoséa 14:5). Ons almal het al die gras en blomme gesien glinster met klein druppeltjies verkwikkende water. Deur hierdie  mentafoor te gebruik, sê God, sal Hy wees soos die dou, wat saggies in die nagte neerslaan en die grond teen die oggend bedek. Dou kan nie vorm wanneer toestande te warm of die wind te sterk is nie. Net so, kan ons nie verkwik word deur God as ons te besig is om rond te hardloop nie.

 

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in 'n klein bouvallige gebou in 'n ongemaklike deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is 'n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.