REIN EN ONBERISPELIK

David Wilkerson

Ek glo elke episode of storie in die Ou Testament is vol waarheid vir Nuwe Testament gelowiges. Wanneer ek dit moeilik vind om ‘n Nuwe Testamentiese waarheid te verstaan, wend ek my na sy skaduwee in die Ou Testament. Een so ‘n voorbeeld handel oof Moses by die brandende bos. Ek glo hierdie spesifieke storie is vol deurslaggewende Nuwe Testamentiese waarheid insake heiligheid.

Alleen op die berg Horeb, het Moses sy skoonpa se skape opgepas toe ‘n vreemde verskynsel skielik sy aandag getrek het. ‘n Bos daar naby het helder gebrand – maar sonder dat dit uitgebrand het!

“En Moses sê: Laat ek tog nader gaan en hierdie groot verskynsel bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie. Toe die Here sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die doringbos” (Exodus 3:3-4). Terwyl hy nader gestap het om beter te kan sien, het God hom vanuit die bos geroep – ‘n lewende bewys dat God teenwoordig was, ‘n sigbare voorstelling van Sy heiligheid.  Waar Hy ook al is, is daardie plek inderdaad heilig!

“Maar soos Hy wat julle geroep het heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, omdat daar gekrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig” (1 Petrus 1:15-16). Met ander woorde, “Dit staan geskryf, opgeteken, eens en vir altyd uitgeklaar vir almal, dat ons heilig moet wees, soos ons God heilig is.”

“Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking” (1 Thessalonicense 4:7). God het ons nie net geroep tot saligheid, of om hemel toe te gaan, of om sy vergifnis te ontvang nie. Liewer, al hierdie dinge is slegs die voordele van ons een ware roeping – om heilig te wees soos die Vader heilig is.

Elke gelowige in die kerk van Jesus Christus is geroep om heilig te wees – om rein en onberispelik in God se oë te wees. So, as jy weergebore is, moet die heiligheid die uitroep van jou hart wees: “God, ek wil soos Jesus wees. Ek wil waarlik heilig voor U wandel al die dae van my lewe.”