REGTE LIED, VERKEERDE KANT

David Wilkerson (1931-2011)

Van al die sondes wat ons kan pleeg, is twyfel een van die mees gehate sondes by God. Volgens beide Ou en Nuwe Testamente, bedroef twyfel die Here. Ons sien ‘n goeie voorbeeld hiervan in antieke Israel nadat God sy volk uit die hand van Farao verlos het.

“Ons het gesondig, saam met ons vaders; ons het verkeerd gedoen, goddeloos gehandel. Ons vaders in Egipte het nie ag gegee op u wonders, hulle het nie gedink aan die menigte van u goedertierenhede nie, maar was wederstrewig by die see, by die Skelfsee” (Psalm 106:6-7).

Die skrywer maak ‘n belydenis hier. Die sonde wat Israel gepleeg het, was hulle twyfel dat God hulle sou red, selfs nadat Hy ‘n ontsaglike wonderwerk vir hulle gedoen by die Skelfsee. Dit lyk ondenkbaar dat dieselfde mense God se getrouheid in twyfel getrek het toe hulle swaarkry beleef het net daarna. Die psalmis het in wese gesê, “Kan jy dit glo? Ons Here het ons bonatuurlik verlos van die vyand, maar tog wantrou ons Hom.”

Dit was egter ‘n heel ander storie toe Israel aan die oorwinningskant van die see gestaan het. Hulle het gesing en gedans toe hulle gekyk het hoe die magtige Egiptiese leër gesink het en vernietig is: “En die waters het hulle teëstanders oordek: nie een van hulle het oorgebly nie” (Psalm 106:11-12).

Die Israeliete het die regte lied gesing – maar hulle het dit op die verkeerde kant van die see gesing. Enigeen kan sing en juig wanneer hulle die oorwinning behaal maar baie van ons is soos Israel en faal ellendig voor ons oorwinning beleef.

God het Homself talle kere aan sy volk bewys in Egipte met ontsaglike tekens en wonders. En Moses het hulle probeer oortuig die Here het om hulle onthalwe opgetree, maar steeds het hulle God wantrou en sy magtige wonders as vanselfsprekend aanvaar (lees Exodus hoofstukke 14 tot 16).

Ons moet nooit ons geloof bou op wonderwerke alleen nie; baie keer versterk die Heilige Gees eerder ons vertroue in die Here deur ons beproewings.