RAAK U MENSE WEEREENS AAN

David Wilkerson

Jesaja se profetiese boodskappe was gehoor dwarsdeur die nasie. Gedurende hierdie tyd was daar groot godsdienstige byeenkomste, met kore en orkeste en mense wat die sinagoges volgemaak het. Die mense was goed opgelei in die Skrifte en het alle ordinasies nagekom. Ten spyte van al hierdie aktiwiteite – al die leringe, prag en praal en goeie werke – was die atmosfeer in die sinagoges doods. Om God se werk te doen, was sleurwerk, weens een rede: Daar was niks van Sy teenwoordigheid in hulle rituele nie.

Die profeet Miga het namens God gespreek:

“My volk, wat het Ek jou aangedoen, en waarmee het Ek jou vermoei? Antwoord My” (Miga 6:3)

SKEUR DIE HEMELE, HERE

Die Here het sy mense aangepor, “Sê vir My, wat het Ek gedoen om jou te beswaar? Ek daag jou uit om te getuig van wat Ek gedoen het om jou traagheid te veroorsaak.”

Terwyl Jesaja rondgekyk het, was hy gedring om te sê:

“En daar was niemand wat u Naam aangeroep het, wat hom beywer het om U aan te kleef. . . . U heilige stede het ‘n woestyn geword” (Jesaja 64:7,10).

Jesaja het in wese gesê, “Here, U het ons geseën met goeie leermeesters, musiek en programme. Maar ons het nie U teenwoordigheid, U vuur, U Heilige Gees krag nie. Ek sien niemand uitroep na U nie. Here, skeur die hemele! Daal neer en skenk ons u aanraking.”

DOOD ONDER BAIE

Geliefde, ek stel vir jou voor: Wat ‘n beeld van Christus se kerk vandag. Ons is geseënd met meer werktuie vir evangelisasie as enige ander geslag. Ons het meer mediaverspreidingspunte vir die evangelie – meer boeke, webwerwe, televisie- en radioprogramme – as ooit tevore.

Dit is egter steeds raar om vandag uit ‘n kerkdiens te kom en te sê, “Ek was herstel en weer lewend gemaak deur in God se huis te wees.” Eenvoudig gestel, daar is baie min Heilige Gees krag wat werksaam is in die meeste kerke. Na my mening, benodig ons Jesaja se uitroep: “Here, openbaar Uself. Raak U mense weereens aan.”