OPSTANDINGSLEWE VAN GOD

David Wilkerson

As Christene glo ons in die opstanding van Jesus Christus. Ná die Here se kruisiging, het die Heilige Gees die graf waar Hy gelê het binnegegaan en Hom opgewek. Dit is waarom ons tydens Paasfees sing dat Christus uit die graf opgestaan het, Sy vyande oorwin het en nou vir ewig heers saam met die heiliges.

Ons glo ook dat ons deur Christus se krag opgewek sal word. Dit sal gebeur wanneer Jesus weer kom. Die Skrif sê almal van ons sal in ‘n oogwenk verander word (sien 1 Korinthiërs 15:52). Die Heilige Gees sal ons van hierdie aarde af opwek met onverganklike liggame en ons in die Here se teenwoordigheid stel. Dit is die opstandingskrag wat Paulus in sy sendbriewe beskryf – die krag van God wat die dooies opwek!

Ek wil vir jou wys dat Christus vandag steeds die dooies opwek. Ek praat nou van die opstandingslewe wat God aan diegene bring wat geestelik dood is. Paulus beskryf hierdie soort lewegewende krag in sy brief aan die Efésiërs:

“Julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes; waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk: Onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.

“Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus – uit genade is julle gered – en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus” (Efésiërs 2:1-6).