OPGELEI VIR GOD SE DOEL

David Wilkerson (1931-2011)

“Ek sal wil hê dat julle moet weet broers, dat wat my oorgekom het, juis die verkondiging van die Evangelie bevorder het” (Filippense 1:12). Paulus sê in wese vir die Christene in Filippi om hulle nie te bekommer oor al die dinge waarvan hulle gehoor het hy moes deurmaak nie.

Interessant genoeg, Paulus het hierdie sendbrief geskryf toe hy in boeie in ‘n Romeinse tronk was. Op daardie tydstip was hy ‘n geoefende krygsman van die Evangelie, nadat hy elke denkbare ontbering en menslike gebrek verduur het. As jy Paulus se lewe bestudeer, sal jy weet watter soort dinge hy moes deurmaak: skipbreuke; slae; bespotting; honger en dors; skending van sy karakter. Dit is hartseer dat Paulus se grootste verdrukkings gekom het van diegene wat hulself weergebore gelowiges genoem het.

Sommige van sy teëstanders was jaloerse kerkleiers wat hele gemeentes teen hom laat draai het. Hulle het sy leefstyl gekritiseer, sy preke bespot, sy boodskappe verkeerd verstaan en sy gesag bevraagteken. Oral waar Paulus gegaan het, het dit gelyk asof hy met droefheid, lyding en probleme begroet was.

Maar luister na sy getuienis, “Maar ek bekommer my glad nie” (Hand 20:24). En op ‘n ander plek het hy gesê: “Sodat niemand verontrus mag word onder hierdie verdrukkinge nie; want julle weet self dat ons hiervoor bestemd is...Want...toe...het ons julle vooruit gesê dat ons verdruk sou word” (1 Thessalonicense 3:3-4).

Paulus het nie gekla nie, maar hy het die gelowiges gerus gestel, “Waarom is julle so verras? Ek het julle van die begin af gewaarsku dat as julle Jesus volg, julle vervolging sal beleef.” Dit staan direk teen ‘n filosofie in vandag se Amerikaanse Kerk wat sê, “As jou geloof reg is, sal jy sal voorspoedig wees en nie ly nie.” Maar dit is nie wat die Bybel leer nie.

God het sekerlik die mag om ons van alle verdrukking te bewaar, maar Hy laat toe dat ons deur sekere dinge gaan. Elke beproewing wat God toelaat, is ‘n belegging wat Hy in ons maak, ‘n opleidingsoefening waaragter ‘n goddelike doel is. Luister na wat die Psalmis sê, “U het ons beproef o God, ons gelouter soos silwer” (Psalm 66:10).